Spring na inhoud

Wat sê die Bybel oor wraak?

Wat sê die Bybel oor wraak?

Die Bybel se antwoord

 Al voel ’n persoon dat hy die reg het om wraak te neem, is dit nie volgens wat die Bybel leer nie. Die Bybel sê: “Moenie sê: ‘Ek gaan aan hom doen net soos hy aan my gedoen het. Ek gaan hom terugbetaal vir wat hy gedoen het’ nie” (Spreuke 24:29). Die Bybel gee raad wat baie mense gehelp het om nie wraak te wil neem nie.

In hierdie artikel

 Hoekom is dit verkeerd om wraak te neem?

 As iemand iets gedoen het wat jou seermaak, is dit natuurlik om kwaad te word en te wil hê dat die persoon gestraf moet word vir wat hy of sy gedoen het. Maar om wraak te neem, stem nie ooreen met wat die Bybel leer nie. Hoekom?

 Dit maak God ongelukkig wanneer mense self wraak wil neem. In die Bybel sê Jehovah a God: “Die wraak is myne. Ek sal terugbetaal” (Romeine 12:19). Die Bybel moedig mense aan wat onregverdig behandel is, om probleme met ander op ’n vreedsame manier op te los as dit moontlik is eerder as om wraak te neem (Romeine 12:18). Maar wat kan ’n persoon doen as daar nie ’n vreedsame manier is om ’n probleem op te los nie of as hy klaar alles gedoen het wat hy kan om dit te probeer oplos? Die Bybel sê vir ons om op Jehovah te vertrou om alle ongeregtigheid reg te stel. – Psalm 42:10, 11.

 Hoe straf God mense?

 Op die oomblik laat God regerings toe om mense te straf wat verkeerde dinge gedoen het (Romeine 13:1-4). In die toekoms sal hy almal wat skuldig is aan wreedheid, straf. Hy sal ook swaarkry vir ewig wegneem. – Jesaja 11:4.

 Wat kan ek doen om nie wraak te wil neem nie?

  •   Moenie impulsief optree nie (Spreuke 17:27). Mense wat gou kwaad word, doen baie keer dinge waaroor hulle later spyt is. Maar diegene wat die tyd neem om te dink voordat hulle optree, is meer geneig om beter besluite te maak. – Spreuke 29:11.

  •   Vind uit wat die feite is (Spreuke 18:13). As iemand iets aan jou gedoen het, is dit goed om jou af te vra: ‘Is daar redes waarvan ek nie weet nie, wat kan verduidelik hoekom die persoon my seergemaak het? Is hy onder druk? Of het hy geen idee wat hy gedoen het nie?’ Soms dink ons dalk dat iemand ons opsetlik seergemaak het terwyl die persoon eintlik maar net ’n fout gemaak het.

 Verkeerde idees oor wraak

 Verkeerde idee: Die Bybel sê dat ons wraak mag neem wanneer dit sê ‘’n oog vir ’n oog’. – Levitikus 24:20.

 Feit: Die ‘oog vir ’n oog’-wet in eertydse Israel het nie dade van wraak aangemoedig nie. Hierdie reël het regters oor die algemeen gehelp om die gepaste straf toe te dien. – Deuteronomium 19:15-21. b

 Verkeerde idee: Volgens die Bybel mag ons nie wraak neem nie, en daarom mag ons nie onsself verdedig wanneer ons aangeval word nie.

 Feit: As ’n persoon aangeval word, het hy die reg om homself te verdedig en om hulp te kry by die owerhede. Maar die Bybel sê dat ons gewelddadige stryery so ver moontlik moet vermy. – Spreuke 17:14.

a Volgens die Bybel is God se naam Jehovah.

b Vir meer inligting oor hierdie reël, sien die artikel “Wat beteken ‘oog vir oog’?