Spring na inhoud

Wat sê die Bybel oor bloedoortappings?

Wat sê die Bybel oor bloedoortappings?

Die Bybel se antwoord

 Die Bybel beveel dat ons nie bloed moet inneem nie. Daarom moet ons nie heelbloed of enige van die hoofkomponente daarvan in enige vorm aanvaar nie, hetsy in die vorm van voedsel of ’n oortapping. Let op die volgende tekste:

  •   Genesis 9:4. God het Noag en sy gesin ná die Vloed toegelaat om dierevleis te eet, maar hy het hulle beveel om nie bloed te eet nie. God het vir Noag gesê: “Net vleis met sy siel—sy bloed—mag julle nie eet nie.” Hierdie gebod is van toe af op alle mense van toepassing omdat almal nakomelinge van Noag is.

  •   Levitikus 17:14. “Julle mag nie die bloed van enige soort vlees eet nie, want die siel van elke soort vlees is sy bloed. Elkeen wat dit eet, moet uitgeroei word.” In God se oë is die siel, of lewe, in die bloed en behoort dit aan hom. Hoewel hierdie wet slegs aan die nasie Israel gegee is, toon dit hoe ernstig God die wet beskou het om nie bloed te eet nie.

  •   Handelinge 15:20. ‘Hulle moet hulle van bloed onthou.’ God het aan Christene dieselfde opdrag gegee as wat hy aan Noag gegee het. Die geskiedenis toon dat die vroeë Christene geweier het om heelbloed in te neem of dit selfs om mediese redes te gebruik.

Waarom beveel God ons om ons van bloed te onthou?

 Daar is goeie mediese redes om bloedoortappings te vermy. Maar nog belangriker, God beveel ons om ons van bloed te onthou omdat dit iets heiligs in sy oë voorstel.—Levitikus 17:11; Kolossense 1:20.