Spring na inhoud

VERDUIDELIKINGS VAN BYBELVERSE

Matteus 6:34 – “Moet julle . . . nie oor môre bekommer nie”

Matteus 6:34 – “Moet julle . . . nie oor môre bekommer nie”

“Moet . . . nooit bekommerd wees oor die volgende dag nie, want die volgende dag sal sy eie bekommernisse hê. Elke dag het genoeg van sy eie probleme.” – Matteus 6:34, Nuwe Wêreld-vertaling.

“Moet julle . . . nie oor môre bekommer nie, want môre bring sy eie bekommernis. Elke dag bring genoeg moeilikheid van sy eie.” – Matteus 6:34, Nuwe Afrikaanse Bybelvertaling.

Betekenis van Matteus 6:34

Jesus het hierdie woorde gesê en het die mense wat na hom geluister het, verseker dat hulle nie onnodig bekommerd of te angstig moet wees oor probleme in die toekoms nie. Dit sou eerder vir hulle beter wees om die lewe se probleme een dag op ’n slag te vat.

Jesus het nie bedoel dat ons nie oor die dag van môre moet dink of nie vir die toekoms moet beplan nie (Spreuke 21:5). Hy wou ons eerder help om nie te bekommerd of angstig te wees oor wat dalk môre kan gebeur nie. As ons ons oor sulke dinge bekommer, kan dit ons minder gelukkig maak en ons aandag aftrek van wat ons eintlik moet doen. Ons kan nie toekomstige probleme oplos deur ons vandag daaroor te bekommer nie. En baie keer gebeur die dinge nie eers waaroor ons ons bekommer het nie, of as dit wel gebeur, is dit nie so erg as wat ons gedink het dit sou wees nie.

Konteks van Matteus 6:34

Hierdie woorde van Jesus is deel van sy bekende Bergpredikasie, wat in Matteus hoofstuk 5-7 gevind kan word. Hierin het Jesus verduidelik dat onnodige angstigheid nie ons lewe beter kan maak of langer kan maak nie (Matteus 6:27). Hy het ook gesê dat ons nie te bekommerd hoef te wees oor môre as ons God eerste in ons lewe stel nie. God sorg vir die plante en die diere, en hy sal ook vir die mense sorg wat hom dien. – Matteus 6:25, 26, 28-33.

Lees Matteus hoofstuk 6 saam met die verduidelikende voetnote, kruisverwysings en prente.