Spring na inhoud

Bybelatlas

Bybelatlas

‘Sien die goeie land’ is ’n breedvoerige Bybelatlas wat jy kan gebruik om jou persoonlike Bybelstudie meer betekenisvol te maak. Die Bybel verwys na baie plekke, stede en lande. Wanneer jy hierdie atlas gebruik, kan dit jou help om jou in te leef wanneer jy die Bybel lees en studeer. ‘Sien die goeie land’ sal jou help om die plekke waar gebeure in die Bybel plaasgevind het, te vind en te visualiseer. Dit kan jou ook help om te verstaan hoe die ligging van plekke ’n uitwerking op die gebeure in die Bybel gehad het.

‘Sien die goeie land’ is vol kleurvolle kaarte en tabelle van verskillende gebiede in Bybeltye. Die Bybelatlas bevat ook diagramme, rekenaarafbeeldings en baie ander kenmerke wat jou kan help om jou persoonlike studie meer te geniet.

Hierdie Bybelatlas sal jou help om

  • die reise van Abraham, Isak en Jakob te verstaan

  • die roete te sien van die Israeliete se uittog uit Egipte na die Beloofde Land

  • die ligging van Israel te vergelyk met die vyande om hulle

  • te sien waar Jesus gereis het gedurende sy bediening

  • te sien hoe groot die gebied was van ryke wat in die Bybel genoem is, insluitende Babilon, Griekeland en Rome

Jy kan hierdie gratis Bybelatlas aanlyn op die Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK vind.