Spring na inhoud

Bybelvers vir die dag

Bybelvers vir die dag

Ondersoek die Skrif elke dag voorsien ’n spesifieke Bybelvers vir die dag, sowel as kommentare oor daardie vers. Hierdie publikasie kan jou help om jou dag te begin met positiewe, aanmoedigende gedagtes oor Bybelonderwerpe.

Al kan jy die vers en kommentare enige tyd gedurende die dag lees, verkies baie mense om dit in die oggend te lees. Hulle kan dan gedurende die dag oor die gedagtes nadink. As jy ’n gesin het, kan dit jou gesin ook bevoordeel wanneer julle dit saam bespreek.

Jy kan die dagteks op die Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK lees, of jy kan die dagteks vir die hele jaar aanlyn vind as ’n aflaaibare PDF van die gedrukte weergawe.