Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

Wanneer die lewe ondraaglik lyk

Wanneer die lewe ondraaglik lyk

DIE LEWE kan fantasties wees – as alles goed gaan. Maar sê nou omstandighede laat jou voel dat die lewe ondraaglik is?

Sally, * wat in die Verenigde State woon en amper al haar besittings in ’n orkaan verloor het, verduidelik: “Ek het nie geweet hoeveel ek nog kan verduur nie. Baie dae het dit gevoel of ek naby breekpunt is.”

Janice, wat in Australië woon en geliefdes in die dood verloor het, vertel: “Toe ek albei my seuns verloor het, was dit asof my hele wêreld uitmekaar gespat het en ek die stukkies weer aanmekaar moes sit. Ek het God gesmeek: ‘Asseblief, ek kan nie nog pyn verduur nie! Laat my net slaap. Ek wil nie weer wakker word nie.’”

Daniel was verpletter toe sy vrou aan hom ontrou was. Hy vertel: “Toe my vrou vir my gesê het dat sy ontrou was, was dit asof iemand ’n mes deur my hart gesteek het. Ek het hierdie fisiese pyn keer op keer gevoel – en dit het maande lank aangehou.”

Hierdie nommer van Die Wagtoring sal bespreek hoekom die lewe die moeite werd is selfs wanneer:

Kom ons kyk eers wat ons kan help om nie moed te verloor wanneer ’n ramp plaasvind nie.

^ Van die name in hierdie reeks artikels is verander.