Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

“Dis so ’n vars benadering!”

“Dis so ’n vars benadering!”

SOO-JEONG, ’n voorligtingsonderwyser by ’n hoërskool in Suid-Korea, het al video’s op die webwerf jw.org in haar klas gebruik. Sy sê: “Die leerders se reaksie op die video Wat is ’n ware vriend? is uitstekend! Nadat hulle die video gekyk het, sê hulle: ‘Ek het nog nooit so oor vriendskap gedink nie. Dis so ’n vars benadering!’ Party het gesê dat hulle die webwerf sal besoek wanneer hulle ook al raad nodig het.” Soo-jeong voeg by: “Ek het hierdie video al vir baie ander onderwysers aanbeveel, en hulle is bly dat hulle so ’n goeie hulpmiddel het om in hulle klasse te gebruik.”

Nog ’n video wat baie leerders in Suid-Korea nuttig gevind het, is die witbord-tekenprent Sit ’n boelie op sy plek sonder om te baklei. ’n Dosent wat saam met die Stigting vir die Voorkoming van Jeuggeweld werk, het dit vir ’n klas gewys. “Die video trek baie jongmense se aandag omdat dit aantreklike kunswerk bevat”, het sy gesê. “En die video is prakties omdat dit nie net toon hoe om geweld te hanteer nie, maar ook hoe om dit te voorkom.” Die stigting het toestemming gevra om die video te gebruik in hulle lesings, wat by baie laerskole aangebied word. Hulle het toestemming gekry. Selfs polisieowerhede gebruik video’s wat op jw.org is.

Besoek gerus die webwerf as jy dit nog nie gedoen het nie. Dit is maklik om te gebruik, en alles wat jy aflaai—oudio en video sowel as die Bybel en baie ander publikasies—is gratis.