Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

IS DIT ONTWERP?

Die krokodil se kake

Die krokodil se kake

DIE krokodil het die sterkste bytkrag wat nog ooit gemeet is onder diere wat nou lewe. Die soutwaterkrokodil, wat naby Australië gevind word, kan byvoorbeeld byna drie keer harder byt as ’n leeu of ’n tier. En tog is die krokodil se kake uiters sensitief vir aanraking—selfs sensitiewer as ’n mens se vingerpunt. Hoe is dit moontlik, aangesien die krokodil ’n gepantserde vel het?

Die krokodil se kake is bedek met duisende sintuigorgaantjies. Nadat die navorser Duncan Leitch dit bestudeer het, het hy gesê: “Elke senuwee-eindpunt kom uit ’n gaatjie in die skedel.” Dit beskerm die senuweevesels in die kake terwyl dit sekere plekke so sensitief maak dat die sensitiwiteit daarvan nie deur instrumente gemeet kan word nie. Gevolglik kan die krokodil onderskei tussen kos en klippies of ander voorwerpe in sy bek. Dit is ook waarom ’n krokodilma haar kleintjies in haar bek kan dra sonder dat sy hulle verbrysel. Die krokodil se kake is ’n verrassende kombinasie van krag en sensitiwiteit.

Wat dink jy? Het die krokodil se kake deur middel van evolusie ontstaan? Of is dit ontwerp?