Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

 IS DIT ONTWERP?

Die wonderlike brein van die arktiese grondeekhoring

Die wonderlike brein van die arktiese grondeekhoring

WANNEER ’n dier met sy winterslaap begin, daal sy liggaamstemperatuur. Hoe laag kan dit daal? Twaalf arktiese grondeekhorings het blykbaar ’n rekord opgestel—toe hulle liggaamstemperatuur tot -2,9 grade Celsius gedaal het! Teen hierdie temperatuur sou ons verwag dat hulle brein sou vries. Hoe oorleef die arktiese grondeekhoring dit?

Dink hieraan: Gedurende sy winterslaap bewe die arktiese grondeekhoring elke twee of drie weke totdat hy weer sy normale liggaamstemperatuur van 36,4 grade Celsius bereik, en hy word eers ná sowat 12 tot 15 uur weer koud. Navorsers sê dat hierdie verwarmingstyd, hoewel dit kort is, ’n rol speel in die oorlewing van die brein. Wat meer is, gedurende die arktiese grondeekhoring se winterslaap bly sy kop blykbaar effens warmer as die res van sy liggaam. Gedurende eksperimente in ’n laboratorium het die nektemperatuur van die bogenoemde eekhorings nooit onder 0,7 grade Celsius gedaal nie.

Wanneer die eekhoring uit sy winterslaap wakker word, begin sy brein binne ongeveer twee uur weer normaal werk. Trouens, volgens een studie werk die eekhoring se brein selfs beter ná sy winterslaap! Deskundiges is verbyster deur hierdie verstommende herstel. Hulle vergelyk dit met nuwe plantjies wat binne dae ná ’n bosbrand uit die verskroeide grond opkom.

Navorsers hoop dat hulle studie van die arktiese grondeekhoring hulle sal help om beter te verstaan waartoe die mensebrein in staat is. Hulle doel is om meer te leer oor hoe om die selskade te voorkom of selfs ongedaan te maak wat breinsiektes, waaronder Alzheimer se siekte, aanrig.

Wat dink jy? Het die arktiese grondeekhoring se wonderlike brein deur middel van evolusie ontstaan? Of is dit ontwerp?