Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

alfa27/stock.adobe.com

GEDENKMAALKAMPANJE

Jesus sal ’n einde aan misdaad maak

Jesus sal ’n einde aan misdaad maak

 Jesus verstaan hoe dit voel om swaar te kry as gevolg van misdaad en ongeregtigheid. Hy was valslik beskuldig, onwettig geslaan, onregverdig verhoor, verkeerdelik skuldig bevind en op ’n pynlike manier doodgemaak. Al was hy onskuldig, het hy gewilliglik en op ’n onselfsugtige manier “sy lewe . . . as ’n losprys in ruil vir baie” opgeoffer (Matteus 20:28; Johannes 15:13). Nou, as Koning van God se Koninkryk, sal hy binnekort geregtigheid regoor die aarde bring en vir ewig ’n einde aan misdaad maak. – Jesaja 42:3.

 Die Bybel beskryf hoe die wêreld sal wees nadat Jesus sal optree:

  •   “Die goddeloses sal nie meer bestaan nie. Jy sal kyk na die plek waar hulle was, en hulle sal nie daar wees nie. Maar die nederiges sal die aarde besit, en hulle sal groot vreugde vind in die oorvloed van vrede.” – Psalm 37:10, 11.

 Hoe kan ons ons waardering toon vir alles wat Jesus alreeds vir ons gedoen het en nog vir ons sal doen? In Lukas 22:19 het Jesus vir sy volgelinge gesê om sy dood te herdenk. Dit is hoekom Jehovah se Getuies elke jaar, op die herdenking van sy dood, bymekaarkom. Ons nooi jou om op Sondag 24 Maart 2024 die Herdenking van Jesus se dood saam met ons te herdenk.

Vind ’n Gedenkmaal