Spreuke 8:1-36

  • Wysheid praat (1-36)

    • ‘Ek is die eerste van God se werke’ (22)

    • ‘As meesterwerker saam met God’ (30)

    • ‘Ek was lief vir die mensekinders’ (31)

8  Roep wysheid nie uit nie? Laat insig nie sy stem hoor nie?+   Dit staan op die hoogtes+ langs die paden by die kruispaaie.   Langs die stadspoorteen by die ingangebly dit hard uitroep:+   “Na julle, o mense, roep ek. Ek laat elkeen my stem hoor.   Onervarenes, julle moet verstandig word.+ Dwase, julle moet ’n wyse hart verkry.   Luister, want wat ek sê, is belangrik. Ek vertel julle wat reg is.   Want die waarheid kom saggies uit my mond,en my lippe haat wat goddeloos is.   Al die woorde van my mond is regverdig. Dit is nie verdraaid of vals nie.   Dit is verstaanbaar vir almal wat insig het, en dié wat kennis gevind het, weet dat dit reg is. 10  Kies my dissipline eerder as silweren kennis eerder as die suiwerste goud.+ 11  Want wysheid is beter as korale.* Niks wat ’n mens kan begeer, kan daarmee vergelyk word nie. 12  Ek, wysheid, woon by verstandigheid. Ek besit kennis en denkvermoë.+ 13  Vrees vir Jehovah beteken om te haat wat sleg is.+ Ek haat selfverheerliking en trots+ en die slegte weg en bedrieglike woorde.+ 14  Ek het goeie raad en praktiese wysheid.+ Verstandigheid+ en krag+ behoort aan my. 15  Deur my hou konings aan om te regeeren neem hoë amptenare regverdige besluite.+ 16  Deur my hou leiers aan om te regeeren oordeel heersers met regverdigheid. 17  Ek is lief vir dié wat my liefhet,en dié wat my soek, sal my vind.+ 18  By my is daar waardevolle dinge en eer,blywende rykdom* en regverdigheid. 19  Wat ek gee, is beter as goud, as suiwer goud,en wat ek voortbring, is beter as die beste silwer.+ 20  Ek loop op die pad van regverdigheid,in die middel van die paaie van geregtigheid. 21  Ek gee ’n groot erfdeel aan dié wat my liefhet,en ek maak hulle stoorkamers vol. 22  Jehovah het my voortgebring as die begin van sy weg,+die eerste van sy werke van lank gelede.+ 23  In die verre verlede is ek in my plek geplaas,+van die begin af, voordat die aarde bestaan het.+ 24  Ek is voortgebring toe daar nog nie diep waters was nie,+toe daar nog nie fonteine vol water was nie. 25  Voordat die berge op hulle plek geplaas is,voordat die heuwels bestaan het, is ek voortgebring, 26  voordat hy die aarde en sy vlaktes gemaak hetof die eerste grondkluite van die aarde gevorm het. 27  Ek was daar toe hy die hemele gemaak het,+toe hy die horison* op die oppervlak van die waters afgemerk het,+ 28  toe hy die wolke daar bo geplaas het,toe hy die bronne van die waterdieptes gevestig het, 29  toe hy grense vir die see gestel het,sodat die waters nie verder sou gaan as wat hy beveel het nie,+toe hy die fondamente van die aarde gelê het. 30  Toe het ek as ’n meesterwerker saam met hom gewerk.+ Ek was die een vir wie hy dag ná dag besonder lief was.+ Ek was die hele tyd vreugdevol voor hom.+ 31  Ek was vreugdevol oor die aarde, wat bewoon kon word,en ek was besonder lief vir die mensekinders.* 32  En nou, my seuns, luister na my. Gelukkig is dié wat my weë volg. 33  Luister na dissipline+ en word wys,en moet dit nooit verwerp nie. 34  Gelukkig is die mens wat na my luister,wat dag ná dag vroeg by my deure is,*wat by my deurposte wag. 35  Want die een wat my vind, vind die lewe+en ontvang Jehovah se goedkeuring. 36  Maar die een wat my ignoreer, benadeel homself,en dié wat my haat, is lief vir die dood.”+

Voetnote

Of “oorgeërfde waardes”.
Lett. “’n sirkel”.
Of “die mensdom”.
Of “by my deure wakker bly”.