Spring na inhoud

Die regter en regsverteenwoordigers gedurende die verhoor by die Oslo-distrikshof in Noorweë

28 MAART 2024
NOORWEË

Jehovah se Getuies appelleer teen ongrondwetlike uitspraak in Noorweë

Jehovah se Getuies appelleer teen ongrondwetlike uitspraak in Noorweë

Op 4 Maart 2024 het die Oslo-distrikshof die regering in Noorweë se uitspraak ondersteun om die wetlike registrasie van Jehovah se Getuies in Noorweë terug te trek. Jehovah se Getuies in Noorweë sal teen die uitspraak appelleer.

Buitekant van die Oslo-distrikshof

Die provinsiegoewerneur van Oslo en Viken het ons registrasie aan die einde van 2022 teruggetrek. Op 30 Desember 2022 het die Oslo-distrikshof hierdie versoek tydelik gekeer sodat dit verder ondersoek kan word. Die standpunt van die Staat is dat hulle die wetlike erkenning van Jehovah se Getuies in Noorweë sal aanhou weier tensy ons ons gebruike oor die uitsettingsreëling in die gemeente verander.

Hierdie uitspraak om ons wetlike registrasie te verwyder, beteken dat Jehovah se Getuies nie die finansiële hulp of ander voordele sal ontvang wat die regering aan meer as 700 geregistreerde godsdiensgemeenskappe in die land gee nie. Van die gevolge sluit in dat Jehovah se Getuies hulle reg verloor om iemand aan te stel wat huwelike kan bevestig.

Terwyl ons op die uitspraak van die appèl wag, sal ons aanhou “bid vir konings en almal wat ’n hoë posisie het, sodat ons kan voortgaan om ’n kalm en stil lewe te lei met erns en uitsluitlike toegewydheid aan God”. – 1 Timoteus 2:1, 2.