Die eerste brief aan Timoteus 2:1-15

  • Gebed vir alle soorte mense (1-7)

    • Een God, een middelaar (5)

    • Ooreenstemmende losprys vir almal (6)

  • Instruksies vir mans en vrouens (8-15)

    • Beskeie kleredrag (9, 10)

2  In die eerste plek wil ek almal dan aanspoor om tot God te bid vir alle soorte mense. Smeek God vir sy hulp en dank hom.  Bid vir konings en almal wat ’n hoë posisie* het,+ sodat ons kan voortgaan om ’n kalm en stil lewe te lei met erns en uitsluitlike toegewydheid aan God.+  Dit is goed en aangenaam in die oë van God, ons Redder,+  wie se wil dit is dat alle soorte mense gered moet word+ en akkurate kennis van die waarheid moet kry.  Want daar is een God,+ en een middelaar+ tussen God en die mense:+ ’n mens, Christus Jesus,+  wat homself as ’n ooreenstemmende losprys vir almal* gegee het.+ Daar moet op die regte tyd hiervan getuig word.  Om hierdie getuienis te kan gee,+ is ek as ’n prediker en ’n apostel aangestel,+ ’n onderrigter van nasies+ om hulle te leer van geloof en waarheid. Ek praat die waarheid, ek lieg nie.  Daarom wil ek hê dat die mans op elke plek moet aanhou bid en lojaal hulle hande moet oplig,+ sonder om kwaad te word+ en te stry.+  Net so moet die vrouens gepaste* klere dra en hulle versier met beskeidenheid en gesonde verstand,* nie met hare wat kunstig gevleg is en goud of pêrels of baie duur klere nie,+ 10  maar op ’n manier wat gepas is vir vrouens wat sê dat hulle aan God toegewyd is,+ naamlik deur goeie werke. 11  Laat ’n vrou in stilte* leer met volle onderdanigheid.+ 12  Ek laat ’n vrou nie toe om te onderrig of om gesag oor ’n man te hê nie, maar sy moet stil wees.*+ 13  Want Adam is eerste gevorm, en toe Eva.+ 14  Ook is Adam nie bedrieg nie, maar die vrou is geheel en al bedrieg+ en het ’n oortreder geword. 15  Maar ’n vrou sal beskerm word deur kinders te kry,+ solank sy* in geloof en liefde en heiligheid en met gesonde verstand*+ volhard.

Voetnote

Of “gesagsposisie”.
Of “alle soorte mense”.
Of “ordentlike”.
Of “goeie oordeel; verstandigheid”.
Of “kalmte”.
Of “kalm wees”.
Lett. “hulle”.
Of “goeie oordeel; verstandigheid”.