Spring na inhoud

Woon God op ’n spesifieke plek?

Woon God op ’n spesifieke plek?

Die Bybel se antwoord

 Ja. God woon op ’n spesifieke plek—in die hemel. Kyk na hierdie Skrifgedeeltes:

 Koning Salomo het in gebed gesê: “Mag u luister vanuit die hemel, u vaste woonplek.”—1 Konings 8:43.

 Jesus Christus het sy dissipels geleer om hulle gebede tot hulle “Vader in die hemele” te rig.—Matteus 6:9.

 Nadat Jesus opgewek is, het hy “in die hemel self [ingegaan], om nou vir ons voor die aangesig van God te verskyn”.—Hebreërs 9:24.

 Hierdie verse toon duidelik dat Jehovah God ’n werklike persoon is en dat hy nie oral woon nie, maar net in die hemel.