Spring na inhoud

Veroorsaak die Duiwel alle lyding?

Veroorsaak die Duiwel alle lyding?

Die Bybel se antwoord

 Die Bybel openbaar dat Satan die Duiwel ’n werklike persoon is wat, soos ’n magtige misdaadbaas, deur middel van “leuenagtige tekens” en “bedrog” toesien dat sy wil uitgevoer word. Trouens, hy “hou aan om hom in ’n engel van lig te verander,” sê die Bybel (2 Tessalonisense 2:9, 10; 2 Korintiërs 11:14). Die Duiwel se bestaan kan gesien word in die skade wat hy aanrig.

 Maar die Duiwel is nie verantwoordelik vir alle lyding nie. Waarom nie? God het die mens geskep met die vermoë om te kies om óf goed óf kwaad te doen (Josua 24:15). Wanneer ons slegte keuses maak, ondervind ons slegte gevolge.—Galasiërs 6:7, 8.