Spring na inhoud

Laat die Bybel egskeiding toe?

Laat die Bybel egskeiding toe?

Die Bybel se antwoord

 Ja, die Bybel laat egskeiding toe. Maar Jesus het slegs een aanvaarbare rede geïdentifiseer om ’n huwelik te beëindig toe hy gesê het: “Elkeen wat van sy vrou skei, behalwe op grond van hoerery [seks buite die huwelik], en met ’n ander trou, [pleeg] egbreuk.”—Matteus 19:9.

 God haat ’n egskeiding wat met bedrog en verraad gepaardgaan. As iemand sy maat om onbenullige redes verlaat, veral as hy dit doen sodat hy ’n ander maat kan neem, sal God hom persoonlik aanspreeklik hou.—Maleagi 2:13-16; Markus 10:9.