Spring na inhoud

Wie is die antichris?

Wie is die antichris?

Die Bybel se antwoord

 Die antichris is nie net ’n enkele persoon of entiteit nie, want die Bybel sê dat daar “baie antichriste” is (1 Johannes 2:18). Die term “antichris”, wat van ’n Griekse woord kom wat “teen (of in plaas van) Christus” beteken, verwys in werklikheid na enigiemand wat die volgende doen:

 Die Bybel verwys nie net na individue wat sulke dinge doen as antichriste nie, maar verwys ook na hulle gesamentlik as “die antichris” (2 Johannes 7). Die antichris het in die tyd van die apostels verskyn en is sedertdien nog altyd bedrywig. Hierdie verwikkeling is in die Bybel voorspel.—1 Johannes 4:3.

Hoe om antichriste te identifiseer

  •   Hulle bevorder valse idees in verband met Jesus (Matteus 24:9, 11). Byvoorbeeld, diegene wat die Drie-eenheidsleer voorstaan of leer dat Jesus God die Almagtige is, staan in werklikheid die leringe van Jesus teë, wat gesê het: “Die Vader is groter as ek.”—Johannes 14:28.

  •   Antichriste verwerp wat Jesus gesê het oor hoe God se Koninkryk funksioneer. Byvoorbeeld, party godsdiensleiers sê dat Christus deur middel van menseregerings werk. Maar hierdie lering weerspreek Jesus, wat gesê het: “My koninkryk is geen deel van hierdie wêreld nie.”—Johannes 18:36.

  •   Hulle sê dat Jesus hulle Here is, maar hulle gehoorsaam nie sy gebooie nie, insluitende die een om die goeie nuus van die Koninkryk te verkondig.—Matteus 28:19, 20; Lukas 6:46; Handelinge 10:42.