Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

CreativeDesignArt/DigitalVision Vectors via Getty Images

HOU AAN WAAK!

Is rassegelykheid net ’n droom? – Wat sê die Bybel?

Is rassegelykheid net ’n droom? – Wat sê die Bybel?

 Vir baie mense is rassegelykheid ’n droom wat nie waar geword het nie.

  •   “Rassisme hou aan om organisasies, sosiale groepe en die alledaagse lewe van gewone mense te vergiftig. Dit veroorsaak aanhoudend dat mense mekaar onregverdig behandel.” – António Guterres, sekretaris-generaal van die VN.

 Sal rassegelykheid ooit ’n werklikheid word? Wat sê die Bybel?

God se beskouing van rassegelykheid

 Die Bybel leer ons hoe God mense van verskillende rasse beskou.

  •   “[God] het uit een mens elke nasie van die mensdom gemaak om op die hele aarde te woon.” – Handelinge 17:26.

  •   “God [is] nie partydig . . . nie. In elke nasie is die mens wat hom vrees en doen wat reg is, vir hom aanvaarbaar.” – Handelinge 10:34, 35.

 Die Bybel wys dat alle mense familie is van mekaar en dat God mense van alle rasse aanvaar.

Hoe rassegelykheid ’n werklikheid sal word

 Ware gelykheid sal net bestaan onder God se Koninkryk, ’n hemelse regering. Hierdie regering sal mense leer hoe om ander op die regte manier te behandel. Mense sal leer hoe om enige gevoelens van rassisme wat hulle dalk het, te oorkom.

  •   “Die bewoners van die land [sal leer] wat regverdigheid is.” – Jesaja 26:9.

  •   “Die resultaat van ware regverdigheid sal vrede wees, en die gevolg van ware regverdigheid sal blywende kalmte en veiligheid wees.” – Jesaja 32:17.

 Vandag leer miljoene mense uit die Bybel hoe om ander met respek en waardigheid te behandel.