Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

John Moore/Getty Images

Gesondheidsorg – Wat God se Koninkryk sal doen

Gesondheidsorg – Wat God se Koninkryk sal doen

 “Die einde van COVID-19 as ’n wêreldwye gesondheidskrisis is nie die einde van COVID-19 as ’n wêreldwye gesondheidsbedreiging nie.. . . Ons kan daarvan seker wees dat daar in die toekoms weer een of ander pandemie sal wees, en ons moet daarvoor gereed wees.– Dr. Tedros Adhanom Ghebreyesus, direkteur-generaal van die Wêreldgesondheidsorganisasie, 22 Mei 2023.

 As gevolg van die COVID-19-pandemie sukkel baie mense nog fisies en verstandelik. Sal regerings en gesondheidsorganisasies voorbereid wees vir die volgende pandemie, en kan hulle ons selfs nou help met die gesondheidsprobleme wat ons het?

 In die Bybel leer ons van ’n regering wat ons die gesondheidsorg gaan gee wat ons nodig het. Dit sê dat “die God van die hemel ’n koninkryk”, of regering, sal oprig (Daniël 2:44). Onder daardie regering sal “geen inwoner . . . sê: ‘Ek is siek’ nie” (Jesaja 33:24). Almal sal goeie gesondheid geniet en baie energie hê. – Job 33:25.