Jeremia 29:1-32

  • Jeremia se brief aan ballinge in Babilon (1-23)

    • Israel sal ná 70 jaar terugkeer (10)

  • Boodskap aan Semaja (24-32)

29  Dít is die woorde van die brief wat die profeet Jeremia van Jerusalem af gestuur het aan die res van die ouermanne onder die ballinge,* die priesters, die profete en die hele volk wat Nebukadneʹsar uit Jerusalem in ballingskap na Babilon geneem het.  Dit was nadat koning Jegonʹja,+ die koningin-moeder,*+ die hofbeamptes, die leiers van Juda en Jerusalem, die ambagsmanne en die metaalwerkers* uit Jerusalem weg is.+  Hy het die brief gestuur deur die hand van Elaʹsa, die seun van Safan,+ en Gemarʹja, die seun van Hilkiʹa, wat koning Sedekiʹa+ van Juda na Babilon, na koning Nebukadneʹsar van Babilon, gestuur het. Dit het gesê:  “Dít is wat Jehovah van die leërmagte, die God van Israel, sê vir al die ballinge wat ek uit Jerusalem in ballingskap na Babilon laat gaan het:  ‘Julle moet huise bou en daarin woon. Julle moet tuine plant en die vrugte daarvan eet.  Julle moet vrouens neem en seuns en dogters hê. Julle moet vrouens neem vir julle seuns, en julle moet julle dogters in die huwelik gee, sodat hulle ook seuns en dogters kan hê. Word baie daar, en moenie minder word nie.  En soek die vrede van die stad waarheen ek julle in ballingskap laat gaan het, en bid daarvoor tot Jehovah, want as daar vrede daar is, sal julle vrede hê.+  Want dít is wat Jehovah van die leërmagte, die God van Israel, sê: “Moenie toelaat dat die profete en die waarsêers onder julle julle bedrieg nie,+ en moenie luister na die drome wat hulle droom nie.  Want ‘hulle profeteer leuens vir julle in my naam. Ek het hulle nie gestuur nie,’+ sê Jehovah.”’” 10  “Want dít is wat Jehovah sê: ‘Wanneer 70 jaar in Babilon vervul is, sal ek aan julle aandag skenk,+ en ek sal my belofte nakom deur julle na hierdie plek terug te bring.’+ 11  “‘Want ek weet goed wat ek vir julle in gedagte het,’ sê Jehovah. ‘Ek wil julle vrede gee, nie rampspoed nie.+ Ek wil julle ’n toekoms en ’n hoop gee.+ 12  En julle sal my aanroep en tot my kom bid, en ek sal na julle luister.’+ 13  “‘Julle sal my soek en my vind,+ want julle sal my met julle hele hart soek.+ 14  En ek sal toelaat dat julle my vind,’+ sê Jehovah. ‘Ek sal julle gevangenes versamel en julle bymekaarmaak uit al die nasies en plekke waarheen ek julle verstrooi het,’+ sê Jehovah. ‘Ek sal julle terugbring na die plek waarvandaan ek julle in ballingskap laat gaan het.’+ 15  “Maar julle het gesê: ‘Jehovah het vir ons profete in Babilon gegee.’ 16  “Dít is wat Jehovah sê vir die koning wat op die troon van Dawid sit+ en vir die hele volk wat in hierdie stad woon, julle broers wat nie saam met julle in ballingskap gegaan het nie: 17  ‘Dít is wat Jehovah van die leërmagte sê: “Ek stuur die swaard, die hongersnood en die vreeslike siektes+ teen hulle, en ek sal hulle soos vrot* vye maak wat so sleg is dat dit nie geëet kan word nie.”’+ 18  “‘Ek sal hulle met die swaard,+ hongersnood en vreeslike siektes agternasit, en ek sal hulle iets skokkends maak vir al die koninkryke van die aarde+ en ’n vloek en iets om oor verstom te wees, iets om oor te fluit+ en ’n bespotting onder al die nasies waarheen ek hulle sal verstrooi.+ 19  Ek sal dit doen omdat hulle nie na my woorde geluister het wat ek deur middel van my knegte, die profete, aan hulle gestuur het nie,’ sê Jehovah, ‘ja, wat ek keer op keer gestuur het.’*+ “‘Maar julle het nie geluister nie,’+ sê Jehovah. 20  “Hoor dus die woord van Jehovah, julle ballinge wat ek uit Jerusalem na Babilon weggestuur het. 21  Dít is wat Jehovah van die leërmagte, die God van Israel, sê oor Agab, die seun van Kolaʹja, en oor Sedekiʹa, die seun van Maäseʹja, wat vir julle leuens profeteer in my naam:+ ‘Ek gee hulle in die hand van koning Nebukadneʹsar* van Babilon, en hy sal hulle voor julle oë doodmaak. 22  En wat met hulle gebeur, sal deur al die ballinge van Juda in Babilon as ’n vloek gebruik word: “Mag Jehovah jou soos Sedekiʹa en soos Agab maak, wat die koning van Babilon in die vuur gebraai het!” 23  Want hulle het hulle skandelik gedra in Israel+ deur egbreuk te pleeg met die vrouens van hulle naaste en deur valse woorde in my naam te sê wat ek hulle nie beveel het om te sê nie.+ “‘“Ek is die Een wat weet, en ek is ’n getuie,”+ sê Jehovah.’” 24  “Jy moet vir Semaʹja+ van Neheʹlam sê: 25  ‘Dít is wat Jehovah van die leërmagte, die God van Israel, sê: “Omdat jy in jou naam briewe gestuur het aan die hele volk wat in Jerusalem is, aan Sefanʹja,+ die seun van Maäseʹja, die priester, en aan al die priesters, waarin jy gesê het: 26  ‘Jehovah het jou as priester aangestel in die plek van die priester Jojaʹda om die opsiener van die huis van Jehovah te word, om toesig te hou oor enige mal man wat hom soos ’n profeet gedra en om hom in die blok en in die nekboei* te sit.+ 27  Hoekom het jy dan nou nie vir Jeremia van Aʹnatot+ bestraf, wat hom soos ’n profeet vir julle gedra nie?+ 28  Want hy het selfs vir ons in Babilon ’n boodskap gestuur en gesê: “Dit gaan lank wees! Julle moet huise bou en daarin woon. Julle moet tuine plant en die vrugte daarvan eet+ . . . ”’”’” 29  Toe die priester Sefanʹja+ hierdie brief voor die profeet Jeremia gelees het, 30  het Jeremia die volgende boodskap van Jehovah ontvang: 31  “Stuur die volgende boodskap aan al die ballinge: ‘Dít is wat Jehovah oor Semaʹja van Neheʹlam sê: “Omdat Semaʹja vir julle geprofeteer het, hoewel ek hom nie gestuur het nie, en hy julle probeer kry het om op leuens te vertrou,+ 32  sê Jehovah: ‘Ek rig my aandag op Semaʹja van Neheʹlam en op sy nakomelinge. Nie een van sy familielede sal onder hierdie volk oorleef nie, en hy sal nie die goeie sien wat ek vir my volk sal doen nie,’ sê Jehovah, ‘want hy het opstandigheid teen Jehovah aangehits.’”’”

Voetnote

D.w.s. mense wat uit hulle land weggevoer is.
Of “die dame”.
Of moontlik “bouers van verskansings”.
Of moontlik “oopgebarste”.
Lett. “vroeg opgestaan en gestuur het”.
Lett. “Nebukadresar”, ’n wisselvorm van die naam.
Of “skandpaal”.