Spring na inhoud

Wat dink jy sal in die toekoms gebeur?

Wat dink jy sal in die toekoms gebeur?

Sal ons wêreld . . . 

  • dieselfde bly?

  • slegter word?

  • beter word?

WAT DIE BYBEL SÊ

“God sal elke traan van hulle oë afvee, en die dood sal nie meer daar wees nie. Daar sal geen getreur, geen gehuil en geen pyn meer wees nie. Die vorige dinge is verby.” – Openbaring 21:3, 4, Nuwe Wêreld-vertaling.

WAT DIT VIR JOU KAN BETEKEN

Werk wat betekenisvol is en jou gelukkig maak. – Jesaja 65:21-23.

Geen siekte of swaarkry nie. – Jesaja 25:8; 33:24.

’n Gelukkige lewe met familie en vriende wat nooit sal eindig nie. – Psalm 37:11, 29.

KAN ONS REGTIG GLO WAT DIE BYBEL SÊ?

Ja, vir ten minste twee redes:

  • God kan sy belofte laat waar word. In die Bybel word net Jehovah God “die Almagtige” genoem, want daar is geen einde aan sy krag nie (Openbaring 15:3). So, dit is vir hom maklik om sy belofte te hou om die wêreld ’n beter plek te maak. Soos die Bybel sê: “Vir God is alles moontlik.” – Matteus 19:26.

  • God wil graag sy belofte laat waar word. Byvoorbeeld, Jehovah verlang daarna om mense wat gesterf het, weer lewend te maak. – Job 14:14, 15.

    Die Bybel wys ook dat God se Seun, Jesus, die siekes gesond gemaak het. Hoekom het hy dit gedoen? Omdat hy graag wou (Markus 1:40, 41). Jesus wou, net soos sy Vader, graag mense help wat dit nodig gehad het. – Johannes 14:9.

    So, ons kan seker wees dat Jehovah en Jesus ons wil help om ’n gelukkige toekoms te geniet! – Psalm 72:12-14; 145:16; 2 Petrus 3:9.

IETS OM OOR TE DINK

Hoe sal God ons wêreld ’n beter plek maak?

Die Bybel beantwoord hierdie vraag in MATTEUS 6:9, 10 en DANIËL 2:44.