Spring na inhoud

Hoe word die werk van Jehovah se Getuies gefinansier?

Hoe word die werk van Jehovah se Getuies gefinansier?

 Ons wêreldwye werk word hoofsaaklik gefinansier deur vrywillige donasies van Jehovah se Getuies. a Daar is bydraebussies in die plekke waar ons vergaderinge hou. En ander maniere om donasies te maak, word genoem op ons Donasies-blad op ons webwerf. Op hierdie blad is daar verskillende opsies en ’n persoon kan kies om ’n donasie te maak vir ons wêreldwye werk, vir plaaslike uitgawes of vir albei.

 Daar word nie van Jehovah se Getuies verwag om ’n tiende of enige spesifieke bedrag of persentasie van hulle inkomste te gee nie (2 Korintiërs 9:7). Ons neem nooit kollektes nie en toegang tot ons vergaderinge is gratis. Ons bedienaars vra ook nooit geld om iemand te doop of vir begrafnisse, troues of enige ander dienste nie. Ons samel nie geld in deur koek te verkoop of deur basaars, bingospeletjies, kermisse, etes, loterye of soortgelyke geleenthede te hou nie. Ons vra ook nie vir mense om donasies te maak nie. Inligting oor mense wat donasies maak, word nooit gedeel of beskikbaar gemaak aan die publiek nie (Matteus 6:2-4). Ons webwerwe en publikasies bevat nie advertensies waarvoor ons betaal word nie.

 Elke gemeente van Jehovah se Getuies voorsien maandelikse finansiële verslae by die vergaderinge, wat oop is vir die publiek. Die rekeninge van elke gemeente word gereeld geouditeer om seker te maak dat donasies reg hanteer word. – 2 Korintiërs 8:20, 21.

Maniere om donasies te maak

  •   Bydraebussies: Jy kan geld ingooi by bydraebussies by Koninkryksale, Byeenkomssale of ander plekke waar ons vergaderinge hou.

  •   Donasies aanlyn: In baie lande kan jy die blad “Gee ’n donasie aan Jehovah se Getuies” gebruik om donasies te maak deur middel van kredietkaart, debietkaart, bankoorplasing of ander elektroniese metodes. b Party Getuies verkies om elke maand ‘iets opsy te sit’ deur ’n herhalende donasie op te stel en een van hierdie metodes te gebruik. – 1 Korintiërs 16:2.

  •   Beplande skenkings: Party donasiemetodes vereis dat jy vooruit moet beplan en/of dat jy regsadvies moet kry. Sulke beplanning kan veroorsaak dat jy belastingvoordele in jou land kan kry. Baie mense het al voordele geniet omdat hulle meer inligting gekry het oor liefdadigheidsgeskenke wat jy kan gee terwyl jy lewe of wanneer jy sterf. Kontak asseblief die plaaslike takkantoor van Jehovah se Getuies vir meer inligting as jy ’n donasie wil maak wat die volgende behels:

    •   bankrekeninge

    •   versekering en pensioen

    •   vaste eiendom

    •   aandele en obligasies

    •   testamente en trusts

 Vir meer inligting oor die donasiemetodes wat in jou gebied beskikbaar is, sien die blad “Gee ’n donasie aan Jehovah se Getuies”.

a Party mense wat nie Getuies is nie, maak ook graag donasies om ons werk te ondersteun.

b Kyk na die video Leer hoe om bydraes aanlyn te maak vir meer inligting.