Spring na inhoud

Hef Jehovah se Getuies tiendes?

Hef Jehovah se Getuies tiendes?

 Nee, Jehovah se Getuies hef nie tiendes nie; ons werk word deur anonieme vrywillige bydraes gefinansier. Wat is tiendeheffing, en waarom doen Jehovah se Getuies dit nie?

 Die gebod dat ’n persoon ’n tiende van sy besittings moet bydra, was deel van die Wet wat aan die eertydse nasie Israel gegee is. Maar die Bybel toon duidelik dat hierdie Wet—insluitende die “gebod om tiendes . . . in te vorder”—nie op Christene van toepassing is nie.—Hebreërs 7:5, 18; Kolossense 2:13, 14.

 Jehovah se Getuies gee nie voorgeskrewe tiendes en offergawes nie, maar volg eerder die vroeë Christene na en ondersteun hulle bediening op twee maniere: deur self hulle predikingswerk sonder betaling te doen en deur vrywillige bydraes te gee.

 Ons volg sodoende die Bybel se opdrag aan Christene: “Laat elkeen doen net soos hy hom in sy hart voorgeneem het, nie teësinnig of onder dwang nie, want God het ’n blymoedige gewer lief.”—2 Korintiërs 9:7.