Spring na inhoud

Privaatheidsbeleid

Privaatheidsbeleid

BELANGRIK: DEUR ONS WEBWERF TE GEBRUIK EN/OF DEUR ONS ENIGE PERSOONLIKE INLIGTING TE GEE, GEE JY UITDRUKLIK TOESTEMMING DAT AL DIE PERSOONLIKE INLIGTING WAT JY GEE, DEUR ONS GEBRUIK MAG WORD OP DIE MANIER EN VIR DIE DOEL WAT IN DIE VOLGENDE PRIVAATHEIDSBELEID VERDUIDELIK WORD EN WAT OOREENSTEM MET DIE WETTE EN REGULASIES WAT VAN KRAG IS IN VERBAND MET PERSOONLIKE INLIGTING.

 RESPEK VIR JOU PRIVAATHEID

Ons is vasbeslote om jou privaatheid te beskerm en te respekteer. Hierdie Beleid sit die grondslag uiteen vir hoe ons enige persoonlike data wat ons van jou bymekaarmaak of wat deur jou voorsien word, op ons webwerf sal verwerk. Ons hou sekere basiese inligting wanneer jy ons webwerf besoek en erken die belangrikheid daarvan om hierdie inligting veilig te hou en jou te laat weet wat ons daarmee sal doen. Jy kan kies om inligting aan ons te voorsien wat as persoonlike data beskou word. Die term “persoonlike data” soos dit in hierdie Beleid gebruik word, verwys na inligting soos jou naam, e-posadres, posadres, telefoonnommer of enige ander data wat gebruik kan word om jou te identifiseer. Jy hoef nie enige persoonlike inligting te voorsien om die openbare dele van hierdie webwerf te besoek nie. Die term “webwerf” sluit hierdie webwerf in en webwerwe wat met ons geaffilieer word, soos apps.pr418.com, tv.pr418.com, stream.pr418.com en wol.pr418.com.

 DATABEHEERDER-INLIGTING

Hierdie webwerf word besit deur Watchtower Bible and Tract Society of New York, Inc. (“Watchtower”), ’n niewinsgewende korporasie in New York wat die bedrywighede van Jehovah se Getuies en hulle Bybelonderrigting ondersteun. As jy besluit om vrywilliglik ’n rekening oop te maak, ’n donasie te maak, vir ’n gratis Bybelstudie te vra of enigiets anders te doen wat insluit dat jy persoonlike data voorsien, dan stem jy in tot hierdie Beleid, sowel as die berging van jou data op bedieners wat in die Verenigde State van Amerika is. Jy stem ook in vir die versameling, verwerking, oorplasing en berging van jou persoonlike data deur Watchtower en samewerkende organisasies wat Jehovah se Getuies in verskillende lande ondersteun en wat nodig is om jou versoek te verwerk. Die godsdiensorganisasie funksioneer regoor die wêreld deur middel van verskillende plaaslike entiteite. Om die data te beskerm, sluit hierdie entiteite dalk plaaslike gemeentes, takkantore en ander soortgelyke samewerkende organisasies van Jehovah se Getuies in.

Die databeheerder vir jou persoonlike data hang af van die tipe interaksie wat jy met die webwerf het. Byvoorbeeld, as jy ’n donasie maak aan ’n regsentiteit in ’n spesifieke land, sal jou naam en kontakinligting aan die regsentiteit voorsien word wat gedurende die donasieproses aan jou bekendgemaak sal word. Nog ’n voorbeeld is as jy vir ’n Bybelstudie vra. Jou naam en kontakinligting sal aan ’n plaaslike takkantoor en gemeente van Jehovah se Getuies voorsien word sodat daar aan jou versoek voldoen kan word.

As jy in ’n land woon waar wette oor databeskerming van toepassing is, kan jy die kontakinligting vir die land op die Data Protection Contacts kry.

 DATAVEILIGHEID EN -VERTROULIKHEID

Ons neem die veiligheid en vertroulikheid van jou persoonlike data baie ernstig op. Ons gebruik die nuutste databerging- en veiligheigsmetodes om jou persoonlike inligting te beskerm teen ongemagtigde toegang, verkeerde gebruik of bekendmaking, ongemagtigde veranderinge, onwettige vernietiging of toevallige verlies. Alle verwerkers van persoonlike data en enige derdepartye wat ons gebruik om jou persoonlike inligting te verwerk, word verplig om die vertroulikheid van jou inligting te respekteer. Ons hou jou persoonlike inligting vir die doel waarvoor dit versamel is solank as wat redelik nodig is of om te voldoen aan enige vereistes wat te doen het met toepaslike wetlike verslae of die houtydperk van dokumente.

Ons beskerm jou persoonlike data wanneer dit rondgeskuif word en gebruik enkripsieprotokol soos Transport Layer Security (TLS). Ons gebruik rekenaarstelsels met beperkte toegangsprotokol. Dit word in fasiliteite gehou met fisiese en elektroniese veiligheidsmaatreëls sowel as veiligheidsprosedure om die vertroulikheid en veiligheid van die inligting wat aan ons gestuur word, te beskerm. Ons volg streng veiligheidstandaarde om ongemagtigde toegang te voorkom.

 MINDERJARIGES

As jy ’n minderjarige in die land is waarin jy ons webwerf besoek, kan jy jou persoonlike data net op hierdie webwerf gee as jou ouer(s) of voog betrokke is. As jy ’n ouer(s) of voog is en jy gee toestemming vir ’n minderjarige om persoonlike data op hierdie webwerf te voorsien, stem jy in tot hierdie Beleid met respek tot die minderjarige se gebruik.

 DERDEPARTYVERKOPERS

Soms sal hierdie webwerf skakels bevat na die webwerf van ’n derdepartyverkoper wat ons gebruik om dienste namens ons te lewer (byvoorbeeld, wanneer vorms aanlyn ingevul word). Jy sal weet dat jy op ’n derdepartyverkoper se webwerf is omdat die voorkoms en die webadres in die adresbalk anders sal wees. Wanneer ons ’n derdepartyverkoper kies, kyk ons van tyd tot tyd na hulle privaatheid- en databeskermingsbeleid om seker te maak dat hulle aan dieselfde standaarde voldoen wat in ons eie beleid is. As jy vrae het oor die beleid van ’n derdepartyverkoper, sien asseblief die beleid wat op ons webwerf gegee word.

 KENNISGEWING VAN VERANDERINGE AAN HIERDIE BELEID

Ons hou aan om nuwe funksies en kenmerke by hierdie webwerf te voeg. Ons hou ook aan om ons bestaande dienste te verbeter en nuwe dienste by te voeg. As gevolg van hierdie aanhoudende veranderinge, sowel as veranderinge in die wet en aard van tegnologie, sal ons datagebruike van tyd tot tyd verander. As dit nodig word om ons Beleid te verander, sal ons enige veranderinge op hierdie blad bekend maak sodat jy altyd bewus is van watter inligting ons versamel en hoe ons dit gebruik.

 AKTIEWE SKRIPSKRYF OF JAVASCRIPT

Skripskryf word gebruik om die werking van ons webwerf te verbeter. Skripskryf-tegnologie laat die webwerf toe om inligting gouer na jou toe deur te voer. Skripskryf word nooit deur die webwerf gebruik om sagteware op jou rekenaar te installeer of om ongemagtigde inligting te versamel nie.

Aktiewe skripskryf of JavaScript moet in die webblaaier geaktiveer word as jy wil hê dat sekere dele van die webwerf reg moet werk. Die meeste webblaaiers gee jou die keuse om hierdie kenmerk op sekere webwerwe te aktiveer of nie. Kyk na die webblaaier se Hulpdokumente om uit te vind hoe om skripskryf vir sekere webwerwe te aktiveer.