Spring na inhoud

29 NOVEMBER 2018
WÊRELDNUUS

Russiese beamptes voer ’n klopjag uit op agt huise van Getuies in die Krim

Russiese beamptes voer ’n klopjag uit op agt huise van Getuies in die Krim

Op Vrydagaand 16 November 2018 het sowat 200 polisiebeamptes van Rusland se Federale Veiligheidsdiens (FSB) ’n klopjag uitgevoer op agt huise van Jehovah se Getuies in die Krim.

As gevolg van die skok en die uiterste stres wat veroorsaak is deur die inval van gewapende en gemaskerde FSB-beamptes het twee van die Getuies se bloeddruk die hoogte ingeskiet en moes hulle hospitaal toe geneem word. Dit is ook vir ons hartseer om te sê dat een van die susters ’n miskraam gehad het.

Gedurende die klopjag het die beamptes die 78-jarige Aleksandr Oersoe aangerand. Hy is teen die muur vasgepen, na die grond toe gedruk en geboei. Die polisie het ook ’n hele paar ander Getuies ondervra.

Op hierdie stadium is dit net broer Sergei Filatof (in die prentjie regs) teen wie kriminele aanklagte ingebring is. Die owerheid het hom aangekla onder Artikel 282.2, deel 1, van Rusland se Strafwet – wat die Russiese Federasie op die Krim-skiereiland afdwing. Die 47-jarige pa van vier is die eerste Getuie in die Krim wat onder Rusland se anti-ekstremistiese wet aangekla word.

Hoewel die nuus oor hierdie klopjagte en vervolging ons bekommerd laat voel oor ons broers, vertrou ons moedig op ons God, Jehovah, om ons gedurende hierdie moeilike laaste dae te versterk. – Jesaja 41:10.