Spring na inhoud

Broer Dmitri Semenof en sy vrou, Nadezjda

4 NOVEMBER 2022
RUSLAND

JONGSTE NUUS – EGPAAR SKULDIG BEVIND | Versterk deur voorbeelde van geloof in die Bybel

JONGSTE NUUS – EGPAAR SKULDIG BEVIND | Versterk deur voorbeelde van geloof in die Bybel

Op 8 November 2022 het die Petropawlofsk-Kamstjatski-stadshof van die Kamtsjatka-gebied broer Dmitri Semenof en sy vrou, Nadezjda, skuldig bevind. Hulle het albei ’n opgeskorte tronkvonnis van vier jaar gekry. Hulle hoef nie op hierdie stadium tronk toe te gaan nie.

Tydlyn

  1. 3 September 2021

    ’n Vrou met wie Dmitri en Nadezjda besprekings uit die Bybel gehad het, het inligting aan die FSB gegee. As gevolg van die inligting wat sy voorsien het, is ’n kriminele saak gemaak. Hulle is aangekla dat hulle ander mense probeer oorreed het om by ’n ekstremistiese organisasie aan te sluit en om aan die bedrywighede daarvan deel te neem

  2. 6 September 2021

    Woonstel word deursoek. Word geneem vir ondervraging en onder reisbeperkings geplaas

  3. 26 Julie 2022

    Kriminele verhoor begin

Profiel

Soos Dmitri en Nadezjda persoonlik ondervind het, help Jehovah sy knegte om moedig en sterk te wees terwyl hulle vervolging verduur. Hy sal hulle nooit verlaat nie. – Josua 1:9.