Spring na inhoud

Broer Joeri Tsjernich

26 APRIL 2023 | BYGEWERK: 3 OKTOBER 2023
RUSLAND

JONGSTE NUUS – BROER SKULDIG BEVIND | ‘Jehovah hou ons met albei hande vas’

JONGSTE NUUS – BROER SKULDIG BEVIND | ‘Jehovah hou ons met albei hande vas’

Op 28 September 2023 het die Sentrale distrikshof van Prokopjefsk broer Joeri Tsjernich skuldig bevind en hom tot drie jaar dwangarbeid gevonnis. a Hy hoef nie op hierdie stadium tronk toe te gaan nie.

Profiel

Ons is vol vertroue dat Jehovah sal aanhou om al sy lojale knegte “vrede net soos ’n rivier” te gee terwyl hulle hulle bes doen om getrou aan hom te bly. – Jesaja 48:18.

Tydlyn

  1. 12 Julie 2020

    Huis word deursoek. Joeri en Jelena word albei ondervra

  2. 5 November 2021

    Kriminele saak word gemaak

  3. 10 November 2021

    Huis word ’n tweede keer deursoek

  4. 26 April 2022

    Joeri word onder reisbeperkings geplaas

  5. 18 Julie 2022

    Kriminele verhoor begin

a ’n Persoon wat tot dwangarbeid gevonnis word, kry ’n werkstoewysing van die owerhede. Daar word ook tussen 5 tot 20 persent van sy loon afgetrek. As die owerhede besluit dat die persoon nie saamwerk nie of weier om te werk, kan hy tronk toe gestuur word.