Spring na inhoud

Van links na regs: Broer Andrei Martinof; sy vrou, Nina; suster Zoja Pawlowa; en broer Michail Jermakof

8 DESEMBER 2022 | BYGEWERK: 15 FEBRUARIE 2023
RUSLAND

JONGSTE NUUS – BOETES VERMINDER | Oortuig van Jehovah se ondersteuning

JONGSTE NUUS – BOETES VERMINDER | Oortuig van Jehovah se ondersteuning

Op 13 Februarie 2023 het die Hooggeregshof van die Republiek van Tsjoewasjië die boetes van suster Nina Martinowa en Zoja Pawlowa van 350 000 roebel (R90 570) na 80 000 roebel (R20 690) verminder. Die opgeskorte tronkvonnisse wat broer Andrei Martinof en Michail Jermakof gekry het, bly dieselfde.

Op 22 Desember 2022 het die Alatirski-distrikshof van die Republiek van Tsjoewasjië vir Andrei, Nina, Zoja en Michail skuldig bevind. Nina en Zoja het albei ’n boete van 350 000 roebel (R90 570) gekry. Andrei en Michail het albei ’n opgeskorte tronkvonnis van ses jaar gekry. Hulle hoef nie op hierdie stadium tronk toe te gaan nie.

Profiel

Soos ons getroue broers en susters wat vasstaan ondanks vervolging, kan ons ook “die moed van ’n leeu” hê wanneer ons deur moeilike tye gaan omdat ons oortuig is van Jehovah se liefde en ondersteuning. – Spreuke 28:1.

Tydlyn

  1. 23 Junie 2021

    ’n Hele paar huise word in Alatir deursoek

  2. 28 Oktober 2021

    Andrei word ondersoek vir die organisering van die bedrywighede van ’n ekstremistiese organisasie. Word onder reisbeperkings geplaas

  3. 25 April 2022

    Andrei word amptelik aangekla. Nina word by die kriminele saak gevoeg en aangekla van deelname aan die bedrywighede van ’n ekstremistiese organisasie

  4. 26 April 2022

    Zoja word amptelik aangekla van deelname aan die bedrywighede van ’n ekstremistiese organisasie en word by die saak gevoeg

  5. 28 April 2022

    Michail word amptelik aangekla van die organisering van die bedrywighede van ’n ekstremistiese organisasie en word by die saak gevoeg

  6. 31 Augustus 2022

    Kriminele verhoor begin