Spring na inhoud

Broer Sanderson praat met vrywilligers en vlugtelinge in Pole

18 MEI 2022
POLE

’n Spesiale besoek aan vrywilligers en Oekraïense vlugtelinge in Pole

’n Spesiale besoek aan vrywilligers en Oekraïense vlugtelinge in Pole

Vanaf Sondag 1 Mei 2022 het broer Mark Sanderson van die Bestuursliggaam van Jehovah se Getuies, saam met drie Takkomiteelede, die broers en susters wat van Oekraïne na Pole gevlug het, besoek. Broer Sanderson en die broers wat saam met hom was, kon regdeur die besoek na die vlugtelinge se stories luister. Hulle kon hulle ook verseker van die Bestuursliggaam se liefde en ondersteuning.

Van links na regs: Tomasz Wolczko van die Takkomitee in Pole, Mark Sanderson, Vesa Väänänen van die Takkomitee in Pole en Tommi Kauko van die Takkomitee in Finland

’n Bespreking oor noodlenigingspogings by die grens

Die groep het oor ’n tydperk van ses dae meer as 2 500 kilometer gereis en het vlugtelinge besoek wat op verskeie plekke woon. Dit het vier Byeenkomssale en verskeie Koninkryksale ingesluit. Hulle het ook vrywilligers ontmoet wat by die grens tussen Pole en Oekraïne was.

’n Oekraïense broer het gesê: “Die besoek was ’n groot bron van aanmoediging en verfrissend vir ons, net soos ’n koue glas water.”

’n Oekraïense suster het opgewonde gesê: “Hierdie besoek was ’n groot verrassing! Ons kan sien hoe Jehovah vir ons omgee.”

Nog ’n Oekraïense suster het gesê: “Toe ons in Pole aangekom het, het ons niks gehad nie, maar danksy Jehovah het ons nou alles wat ons nodig het.”

’n Groep bestuurders en ander vrywilligers buite die Byeenkomssaal in Stęszew, Pole

Die groep het ook vrywilligers ontmoet wat die vlugtelinge gehelp het. Broer Sanderson het hulle herinner dat die Bestuursliggaam vir hulle lief is deur te noem wat Hebreërs 6:10 sê en te verduidelik dat Jehovah ‘nie hulle werk sal vergeet nie’. Hy het bygevoeg: “Ons sal ook nie.” Die vrywilligers het gesê dat hulle dankbaar is om hulle broers en susters te kan help.

’n Besoek aan ouer susters van Oekraïne buite ’n Koninkryksaal in Radymno, Pole

Broer Vesa Väänänen, ’n lid van die Takkomitee in Pole, het gesê: “Dit is baie geloofversterkend om eerstehands te sien hoe Jehovah alles onder beheer het. Jehovah het presies voorsien wat nodig is op die regte tyd deur die leiding van die Bestuursliggaam en deur die broers en susters wat gewillig is om ander te help.”

Vrywilligers in die Byeenkomssaal in Stęszew, Pole, waar noodlenigingsvoorraad voorberei word

Terwyl ons broers en susters aanhou om na die behoeftes van mekaar om te sien, ervaar hulle, ten spyte van omstandighede, die geluk wat ’n mens kry wanneer jy vir ander gee en waarvan Jesus gepraat het. – Handelinge 20:35.