Spring na inhoud

Nuwe vertaalkantore en woongeboue is nou in Mexiko oopgemaak. Kloksgewys van links Tzotzil, Zapoteeks (Isthmus) en Otomi (Mezquital-vallei)

31 AUGUSTUS 2022
MEXIKO

Sentraal-Amerika bereik ’n mylpaal met 25 vertaalkantore

Sentraal-Amerika bereik ’n mylpaal met 25 vertaalkantore

Tussen Januarie en Julie 2022 het vyf nuwe vertaalkantore (RTO’s) in Mexiko oopgemaak. Daar is nou 25 RTO’s in die gebied van die takkantoor in Sentraal-Amerika. Die nuwe RTO’s maak dit moontlik vir die vertaalspanne in Taraskies, Tzotzil, Zapoteeks (Isthmus), Otomi (Mezquital-vallei) en Chol om in gebiede te bly waar die taal gepraat word. In die komende maande sal nog 8 RTO’s in die gebied van die takkantoor in Sentraal-Amerika oopmaak, en nog 34 RTO’s word beplan.

Dit hou baie voordele vir die vertalers in om in die gebied te bly en te werk waar baie mense hulle taal praat. Suster Marcela Hernández, ’n Tzotzil-vertaler wat voorheen ’n hele paar jaar by die takkantoor gewerk het, sê: “Terwyl ek by die takkantoor gedien het, het ek agtergekom dat my uitdrukkings te moeilik geraak het. Maar noudat ek hoor hoe die broers in die gemeente praat en preek, help dit my om meer natuurlik te vertaal.”

Die beskeie RTO-fasiliteite beïndruk die plaaslike gemeenskappe met hulle skoon en aantreklike voorkoms. Dit is nie ongewoon vir mense om te stop en die geboue te bewonder en selfs om foto’s te neem nie. ’n Vrou wat ’n winkeltjie oorkant ’n RTO het, was so beïndruk toe sy hoor van die werk wat daar gedoen word, dat sy begin het om gereeld die sypaadjie te vee en haar winkel skoon te maak. Sy het verduidelik: “Ek is oorkant ’n gebou wat aan God toegewy is.”

Dit is baie duidelik dat Jehovah die harde werk wat by hierdie RTO-projekte gedoen word, seën. Ons dank hom vir die sukses van ons vertaalwerk. – Psalm 127:1.