Spring na inhoud

24 JUNIE 2019
ECUADOR

Guayaquil, Ecuador – “Liefde faal nooit”!-internasionale streekbyeenkoms vir 2019

Guayaquil, Ecuador – “Liefde faal nooit”!-internasionale streekbyeenkoms vir 2019
  • Datum: 14-16 Junie 2019

  • Plek: Estadio Monumental Banco Pichincha in Guayaquil, Ecuador

  • Programtale: Ecuadoriaanse Gebaretaal, Engels en Spaans

  • Bywoningshoogtepunt: 53 055

  • Aantal gedoop: 702

  • Aantal internasionale besoekers: 5 300

  • Genooide takkantore: Argentinië, België, Bolivia, Colombia, Kazakstan, Korea, Kuba, Mianmar, Moldowa, Pole, Sentraal-Amerika, Spanje en die Verenigde State

  • Plaaslike ondervinding: José Francisco Cevallos, die president van die Barcelona Sportklub aan wie die stadion behoort, het gesê: “Ons het nog nooit enige probleme met julle byeenkomste gehad nie, nie nou nie en ook nie in vorige jare nie. Dis ’n bewys van julle goeie gedrag en hoe ordelik alles by julle byeenkomste verloop. Dis nie maklik nie, maar dis net hoe julle is – julle is georganiseerd en goed voorbereid vir al julle byeenkomste. Julle is goeie mense – goed opgevoed, goed gemanierd en goed georganiseerd. Ons kan beslis enige stad of land aanraai om Jehovah se Getuies toe te laat om hulle fasiliteite te gebruik.”

 

Byeenkomsgangers van ander lande poseer vir ’n foto tydens ’n ope dag by die Bethel in Ecuador

Plaaslike broers en susters doen velddiens saam met die buitelandse byeenkomsgangers

Internasionale byeenkomsgangers sing lekker saam tydens die eerste dag van die streekbyeenkoms

’n Paar van die 702 nuwe broers en susters wat gedoop is

Buitelandse byeenkomsgangers maak notas tydens die sessie

Byeenkomsgangers van ander lande maak die Koreaanse handgebaar vir liefde

Broer Kenneth Cook, ’n lid van die Bestuursliggaam, gee Saterdag die slottoespraak by die streekbyeenkoms

Besoekers wat in die spesiale voltydse diens is, waai totsiens vir die skare op die laaste dag van die streekbyeenkoms

Plaaslike broers en susters maak musiek en dans vir die buitelandse byeenkomsgangers tydens die spesiale vermaak wat gereël is