Spring na inhoud

9 DESEMBER 2022
ANGOLA

Bybelboek Matteus en Handelinge in Chokwe en Ibinda vrygestel

Bybelboek Matteus en Handelinge in Chokwe en Ibinda vrygestel

Op 3 Desember 2022 het broer Samuel Campos, ’n lid van die Takkomitee in Angola, die Bybelboek Matteus en Handelinge in Chokwe en Ibinda vrygestel. Die Bybelboeke is in digitale formaat vrygestel gedurende ’n program wat vooraf opgeneem is, wat na ’n gehoor van omtrent 2 000 mense gestroom is.

Die eerste Chokwe-groep is in 2007 gevorm. Daar is nou 10 Chokwe-gemeentes in Angola en 23 gemeentes in die Demokratiese Republiek van die Kongo.

’n Chokwe-vertaler het gesê: “Daar is verskillende weergawes van die Bybel in Chokwe beskikbaar. Een van hulle gebruik taal wat maklik is om te verstaan, maar dit parafraseer die teks. ’n Ander een is ’n meer volledige vertaling, maar dit is moeilik om te verstaan. Wanneer ek hierdie nuwe vertaling lees, voel dit asof Jehovah direk met my praat.”

Die eerste Ibinda-gemeente is in 2014 gevorm. Daar is nou 13 gemeentes. Voor die vrystelling van die Bybelboek Matteus en Handelinge in Ibinda was daar geen dele van die Bybel in hierdie taal beskikbaar nie. Daarom het verkondigers die Nuwe Wêreld-vertaling in Portugees gebruik. ’n Lid van die Ibinda-vertaalspan het gesê: “Daar is party Bybelverse wat ek al baie keer gelees het, maar wat ek nou beter verstaan. Dit is ’n voorreg om deel van hierdie projek te wees. Dit het my geloof versterk.”

Ons is oortuig dat hierdie vrystellings van die Bybel in Chokwe en Ibinda ons broers en susters sal help om nader aan Jehovah te kom. – Jakobus 4:8.