Spring na inhoud

Fotogalery 9 van Brittanje (September 2019 tot Februarie 2020)

Fotogalery 9 van Brittanje (September 2019 tot Februarie 2020)

 In hierdie fotogalery sal ons sien hoe die bouwerk by die nuwe takkantoor van Jehovah se Getuies in Brittanje voltooi is en hoe die Bethelgesin hierdie fasiliteit tussen September 2019 en Februarie 2020 begin gebruik het.

  1. Noordelike Produksiegebou (Videoproduksie)

  2. Suidelike Produksiegebou (Instandhouding en Dienste)

  3. Kantoorgebou

  4. Woongebou A

  5. Woongebou B

  6. Woongebou C

  7. Woongebou D

  8. Woongebou E

  9. Woongebou F

10 September 2019 – Kantoorgebou

Susters hark die grond en berei dit voor om gras te saai. Woongebou A en B kan in die agtergrond gesien word.

19 September 2019 – Kantoorgebou

’n Mooi dam aan die agterkant van die Kantoorgebou. Dit is een van die damme op die Chelmsford-terrein wat deel is van ’n volhoubare dreineringstelsel wat ontwerp is om water op ’n natuurlike manier te dreineer. Hierdie stelsel verbeter die kwaliteit van die water, verminder die risiko van oorstromings en maak die omgewing mooier vir mense en diere.

19 September 2019 – Kantoorgebou

’n Man en sy vrou werk saam om afskortings vir die nuwe kantore aanmekaar te sit.

14 Oktober 2019 – Woongebou A

’n Lid van die bouspan gebruik ’n laser om ’n teken op die deur van die haarsalon te sit.

28 Oktober 2019 – Takkantoorbouterrein

’n Houtwerker gebruik ’n waterpas om aanwysingsbordjies op te sit. Tekens langs die voetpaadjies op die terrein wat 34 hektaar groot is, wys vir inwoners en besoekers waarheen om te gaan.

4 November 2019 – Noordelike Produksiegebou

’n Verteenwoordiger van die plaaslike brandweer-en-reddingsdiens toets die waterdruk van ’n brandkraan.

14 November 2019 – Kantoorgebou

’n Lid van die Bouprojekkomitee hou oggendaanbidding wat direk uitgesaai word om die stelsels by die nuwe takkantoor te toets. Die program was oor die Internet uitgesaai na die Bethelgesin in Londen.

19 November 2019 – Noordelike Produksiegebou

’n Elektrisiën sit ’n verkeerslig op by die ingang van ’n gebied waar toegang beheer word.

19 November 2019 – Hoofvoorbereidingsterrein

Susters haal die plastiek van koperdrade af sodat dit herwin kan word.

25 November 2019 – Hoofvoorbereidingsterrein

’n Toergids by die Besoekersentrum beskryf die uitleg van die terrein. Meer as 95 000 mense het die terrein kom besoek gedurende die bouwerk.

5 Desember 2019 – Kantoorgebou

’n Lid van Brittanje se Takkomitee praat met die bouspan by hulle laaste maandelikse vergadering voordat die Bethelafdelings die fasiliteite begin gebruik. Meer as 11 000 vrywilligers het hulle tyd en energie gebruik om met hierdie projek te help.

10 Desember 2019 – Noordelike Produksiegebou

Die Streekvideospan en die Plaaslike Uitsaai-afdeling word opgelei om die toerusting in die nuwe ateljee te gebruik. Baie van die werkers dra blou plastiek-oorskoene om die nuwe vloere te beskerm.

30 Desember 2019 – Kantoorgebou

Werkers vee oondgedroogde sand tussen plaveistene in om die pad na die Kantoorgebou klaar te maak.

16 Januarie 2020 – Suidelike Produksiegebou

’n Motorwerktuigkundige werk aan ’n minibus in die nuwe garage. Omdat die takfasiliteite nou op dieselfde terrein is, het die Bethelgesin nie meer minibusse soos hierdie een nodig om elke dag werk toe te gaan nie. Die voertuie wat nie meer gebruik word nie, kan nou verkoop word. ’n Voertuig wat deur die Terreininstandhoudingspan gebruik word, kan in die agtergrond gesien word.

29 Januarie 2020 – Woongebou D

Werkers laai ’n Betheliet se persoonlike items af. ’n Span van 27 werkers het die Betheliete gedurende Januarie en Februarie gehelp trek. Teen die begin van Maart het die hele Bethelgesin alreeds by die nuwe takkantoor gebly en gewerk.

6 Februarie 2020 – Kantoorgebou

Kombuispersoneel maak slaai vir die Bethelgesin.

7 Februarie 2020 – Voorbereidingsterrein vir die woongeboue

’n Tydelike wooneenheid word weggeneem nadat dit verkoop is. Gedurende die bouprojek het werkers in hierdie eenhede gebly wat binne loopafstand van die nuwe takkantoor was. Die eenhede was deel van ’n plan om minder koolstofdioksied gedurende die projek vry te stel. Die plan het erkenning ontvang van BREEAM – ’n belangrike standaard waarvolgens die volhoubaarheid van geboue gemeet word. Ver in die agtergrond kan die nuwe woongeboue gesien word.

14 Februarie 2020 – Kantoorgebou

Lede van die Vertaalafdeling installeer ’n klankdigte ateljee wat vir oudio-opnames gebruik word. Opnames word in kantore gedoen, maar hierdie ateljee word ook vir opnames gebruik. Dit is beskikbaar aan inheemse taalspanne, soos Iers en Skots-Gaelies, wat onder die takkantoor in Brittanje werk.

24 Februarie 2020 – Kantoorgebou

’n Broer van die Plaaslike Kantoor vir Ontwerp en Konstruksie praat met die veldverteenwoordiger van suidoos-Engeland oor ’n video-oproep. Veldverteenwoordigers kontak die takkantoor gereeld om die bou en instandhouding van Koninkryksale te bespreek. In die agtergrond bespreek ander broers in die afdeling idees vir verhitting en ventilasie vir nuwe en opgeknapte Koninkryksale.

25 Februarie 2020 – Kantoorgebou

Nuwe pendelaars wag in die ontvangsarea voordat hulle ’n verwelkomingsvergadering bywoon en gewys word in watter afdelings hulle gaan werk. Toe die takkantoor in Brittanje vanuit Chelmsford begin werk het, het amper 500 pendelaars die werk van die voltydse Bethelgesin ondersteun. In die agtergrond is twee werkers besig om TV-skerms te toets en te verstel. Die TV-skerms sal deel wees van die uitstalling vir besoekers.