Spring na inhoud

Het Jehovah se Getuies vrouepredikers?

Het Jehovah se Getuies vrouepredikers?

 Ja. Al Jehovah se Getuies is predikers, of bedienaars—insluitende etlike miljoene vroue. Dit is soos die Bybel voorspel het: “Die vroue wat die goeie nuus verkondig, is ’n groot leër.”—Psalm 68:11, 12.

 Vroue wat Jehovah se Getuies is, volg die voorbeeld van vroue in die Bybel (Spreuke 31:10-31). Hoewel hulle nie leierskap in die gemeente uitoefen nie, het hulle ’n volle aandeel aan die openbare bediening. Hulle leer ook Bybelbeginsels aan hulle kinders (Spreuke 1:8). Getuievroue span hulle in woord en daad in om ’n goeie invloed uit te oefen.—Titus 2:3-5.