Spring na inhoud

Probeer Jehovah se Getuies redding verdien deur middel van hulle deur-tot-deur-bediening?

Probeer Jehovah se Getuies redding verdien deur middel van hulle deur-tot-deur-bediening?

 Nee. Ons neem gereeld aan ons deur-tot-deur-bediening deel, maar ons glo nie dat ons ons redding deur middel van hierdie werk kan verdien nie (Efesiërs 2:8). Waarom nie?

 Dink aan hierdie vergelyking: Stel jou voor dat ’n goedhartige man ’n duur geskenk belowe het aan almal wat op ’n sekere dag op ’n sekere plek opdaag. As jy werklik die man se belofte glo, sal jy dan sy instruksies volg? Natuurlik sal jy! Jy sal waarskynlik ook vir jou vriende en familie van die geleentheid vertel sodat hulle ook daarby kan baat vind. Maar jy sal nog steeds nie die geskenk verdien deur die man se instruksies te volg nie. Dit bly ’n geskenk.

 Net so glo Jehovah se Getuies God se belofte dat hy ewige lewe sal gee aan almal wat hom gehoorsaam (Romeine 6:23). Ons probeer ander van ons geloof vertel, in die hoop dat hulle by God se beloftes sal baat vind. Maar ons glo nie dat ons ons redding kan verdien deur aan ons bediening deel te neem nie (Romeine 1:17; 3:28). Om die waarheid te sê, geen mens sou ooit genoeg kon doen om so ’n verstommende seën van God te verdien nie. “Hy [het] ons gered, nie as gevolg van werke van regverdigheid wat ons verrig het nie, maar volgens sy barmhartigheid.”—Titus 3:5.