Spring na inhoud

Word die vaevuur in die Bybel genoem?

Word die vaevuur in die Bybel genoem?

Die Bybel se antwoord

 Nee, dit word nie genoem nie. Die Bybel bevat nie die woord “vaevuur” nie. Dit leer ook nie dat die siele van dié wat gesterf het, in die vaevuur gereinig word nie. a Kyk na wat die Bybel oor sonde en die dood leer en hoe dit die leerstelling van die vaevuur weerspreek.

  •   Geloof in die bloed van Jesus reinig ’n persoon van sonde, nie ’n sogenaamde vaevuur nie. Die Bybel sê: “Die bloed van Jesus, [God se] Seun, reinig ons van alle sonde”. Dit sê ook dat “Jesus Christus . . . ons deur middel van sy eie bloed van ons sondes losgemaak het” (1 Johannes 1:7; Openbaring 1:5). Jesus het “sy lewe [gegee] as ’n losprys vir baie” om vir hulle sondes te betaal.—Matteus 20:28, Ou Afrikaanse Bybelvertaling.

  •   Mense wat gesterf het, is in ’n toestand van onbewustheid. “Die lewendes weet dat hulle moet sterwe, maar die dooies weet glad niks nie” (Prediker 9:5, OAB). ’n Mens wat gesterf het, kan niks voel nie, en daarom kan hy nie in ’n vaevuur gereinig word nie.

  •   Daar is nie straf vir sondes nadat ’n persoon gesterf het nie. Die Bybel sê: “Die loon wat die sonde gee, is die dood” en “iemand wat gesterf het, is . . . vry van die mag van die sonde” (Romeine 6:7, 23, Nuwe Afrikaanse Bybelvertaling). Die enigste straf vir die sonde is die dood.

a Die boek Orpheus: A General History of Religions sê oor die vaevuur dat “dit nie eens in die Evangelies genoem word nie”. Die New Catholic Encyclopedia sê ook: “Dit is duidelik dat die Katolieke leerstelling van die vaevuur gebaseer is op tradisie, nie op die Heilige Skrif nie.”—Tweede uitgawe, deel 11, bladsy 825.

b Sien die New Catholic Encyclopedia, tweede uitgawe, deel 11, bladsy 824.