Spring na inhoud

Glo geleerdes dat Jesus bestaan het?

Glo geleerdes dat Jesus bestaan het?

 Geleerdes het ’n vaste grondslag om te glo dat Jesus bestaan het. Die Encyclopædia Britannica se uitgawe van 2002 sê die volgende aangaande die verwysings wat eerste- en tweede-eeuse geskiedskrywers na Jesus en die vroeë Christene gemaak het: “Hierdie onafhanklike verslae bewys dat selfs die teenstanders van die Christelike godsdiens in die ou tyd nooit aan die historisiteit van Jesus getwyfel het nie. Dit is vir die eerste keer en op onvoldoende gronde aan die einde van die 18de, gedurende die 19de en aan die begin van die 20ste eeu betwis.”

 In 2006 het die boek Jesus and Archaeology gesê: “Geen hoogaangeskrewe geleerde van vandag betwyfel dit dat ’n Jood met die naam Jesus, die seun van Josef, gelewe het nie; die meeste erken geredelik dat ons nou heelwat omtrent sy dade en sy basiese leringe weet.”

 Die Bybel beeld Jesus uit as ’n werklike persoon. Dit voorsien die name van sy voorouers en gesinslede (Matteus 1:1; 13:55). Dit verstrek ook die name van vooraanstaande heersers wat tydgenote van Jesus was (Lukas 3:1, 2). Hierdie besonderhede stel navorsers in staat om die juistheid van die Bybelverslae te bevestig.