Spring na inhoud

Waarom moet ek in Jesus se naam bid?

Waarom moet ek in Jesus se naam bid?

Die Bybel se antwoord

 Ons moet in Jesus se naam tot God bid omdat dit die enigste manier is wat God goedkeur om Hom te nader. Jesus het gesê: “Ek is die weg en die waarheid en die lewe. Niemand kom na die Vader behalwe deur my nie” (Johannes 14:6). Jesus het ook vir sy getroue apostels gesê: “Voorwaar, voorwaar, ek sê vir julle: As julle die Vader enigiets vra, sal hy dit vir julle in my naam gee.”—Johannes 16:23.

Nog redes om in Jesus se naam te bid

  •   Ons eer Jesus en sy Vader, Jehovah God.—Filippense 2:9-11.

  •   Ons toon dat ons besef dat Jesus se dood God se voorsiening is vir ons redding.—Matteus 20:28; Handelinge 4:12.

  •   Ons erken Jesus se unieke rol as Middelaar tussen God en die mens.—Hebreërs 7:25.

  •   Ons respekteer Jesus se rol as die Hoëpriester wat ons kan help om ’n rein posisie voor God te verkry.—Hebreërs 4:14-16.