Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

HOE OM DIE SIKLUS VAN HAAT TE BREEK

1 | Wees onpartydig

1 | Wees onpartydig

Wat die Bybel sê:

‘God is nie partydig nie. In elke nasie is [almal] wat hom vrees en doen wat reg is, vir hom aanvaarbaar.’  HANDELINGE 10:34, 35.

Wat dit beteken:

Jehovah * God diskrimineer nie teen ons as gevolg van ons nasionaliteit, ras, velkleur of kultuur nie. Hy fokus eerder op wat regtig belangrik is – ons gedagtes en begeertes. Die Bybel sê ook: “Mense sien net die uiterlike, maar Jehovah sien wat in die hart is.” – 1 Samuel 16:7.

Wat jy kan doen:

Hoewel ons nie harte kan lees nie, kan ons probeer om God na te volg deur onpartydig te wees. Probeer hard om mense as individue eerder as ’n groep te beskou. As jy agterkom dat jy negatiewe gevoelens teenoor ander het – dalk as gevolg van hulle ras of nasionaliteit – bid tot God en vra hom om jou te help om ontslae te raak van sulke gevoelens (Psalm 139:23, 24). As jy vir Jehovah uit die hart uit vra om jou die krag te gee om onpartydig te wees, kan jy seker wees dat hy na jou gebede sal luister en jou sal help. – 1 Petrus 3:12.

^ par. 6 Jehovah is God se persoonlike naam. – Psalm 83:18.

“Dit was die eerste keer dat ek vreedsaam met ’n wit persoon kon sit en gesels . . . Nou was ek deel van ’n ware internasionale broederskap.” – TITUS