Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

VOORBLADONDERWERP

Laat jou gewoontes vir jou werk

Laat jou gewoontes vir jou werk
  • AUSTIN is nog vaak toe sy wekker afgaan. Maar hy staan dadelik op, trek die oefenklere aan wat hy die vorige aand reggesit het en gaan draf ’n entjie—hy doen dit al ’n jaar lank drie keer per week.

  • Laurie het so pas met haar man gestry. Sy storm kwaad en gefrustreerd by die kombuis in, haal ’n pak sjokolade-lekkers uit en eet alles op—iets wat sy amper elke keer doen wanneer sy ontsteld is.

Wat het Austin en Laurie in gemeen? Of hulle dit nou besef of nie, hulle albei is beïnvloed deur ’n sterk mag—die mag van die gewoonte.

Wat van jou? Is daar goeie gewoontes wat jy graag wil aanleer? Dalk wil jy gereeld oefen, meer slaap kry of jou geliefdes meer kontak.

Aan die ander kant wil jy dalk graag ’n slegte gewoonte afleer, soos om sigarette te rook, te veel gemorskos te eet of om te veel tyd op die Internet deur te bring.

Dit kan moeilik wees om ’n slegte gewoonte af te leer. Trouens, daar is al gesê dat ’n slegte gewoonte soos ’n warm bed op ’n koue dag is: dit is makliker om daarin te kom as om daaruit te kom!

Hoe kan jy jou gewoontes vir jou laat werk eerder as teen jou? Kyk na die volgende drie voorstelle wat op beginsels in die Bybel gebaseer is.