Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

Fisiese gesondheid

Fisiese gesondheid

Die Bybel is nie ’n mediese handboek nie. Maar dit bevat raad wat ons kan help om goeie gesondheid te geniet. Kom ons kyk na van die Bybel se raad wat ons kan help om ons gesondheid te verbeter.

KYK NA JOU LIGGAAM

WAT DIE BYBEL SÊ: “Geen mens het nog ooit sy eie vlees gehaat nie; maar hy voed en koester dit.” – Efesiërs 5:29.

WAT DIT BETEKEN: Hier moedig die Bybel ons aan om ons bes te doen om te kyk na ons gesondheid. Een studie het gewys dat baie gesondheidsprobleme veroorsaak word deur slegte keuses. So as ons die regte keuses maak, kan dit tot beter gesondheid lei.

WAT JY KAN DOEN:

  • Eet gesond. Maak seker dat jy gesonde kos eet en genoeg water drink.

  • Bly aktief. Oefening kan jou gesondheid verbeter, maak nie saak hoe oud jy is nie. Dit kan jou help, selfs al is jy gestremd of al ly jy aan ’n chroniese siekte. Familie, vriende en dokters kan jou help om ’n oefenprogram uit te werk, maar net jy kan dit laat werk!

  • Kry genoeg slaap. As mense oor ’n lang tydperk te min slaap kry, is die kanse groter dat hulle aan ’n ernstige siekte kan begin ly. Baie mense kry te min slaap as gevolg van die keuses wat hulle maak. Maar as jy kies om genoeg te slaap, kies jy om beter te lewe.

VERMY SLEGTE GEWOONTES

WAT DIE BYBEL SÊ: “Laat ons ons van elke verontreiniging van die vlees en die gees reinig.” – 2 Korintiërs 7:1.

WAT DIT BETEKEN: Ons sal beter gesondheid geniet as ons nie ons liggame besoedel met skadelike dinge soos tabak nie, want dit is een van die grootste oorsake van siekte en die dood.

WAT JY KAN DOEN: Merk op jou kalender wanneer jy wil ophou. ’n Dag voor die tyd moet jy ontslae raak van sigarette, asbakkies, aanstekers en alle ander dinge wat met hierdie slegte gewoonte te doen het. Bly weg van plekke waar mense rook. En vertel jou vriende en familie van jou besluit sodat hulle jou kan ondersteun.

NOG RAAD UIT DIE BYBEL

Jy kan ’n gedrukte Bybel by een van Jehovah se Getuies in jou gemeenskap kry

WEES VEILIGHEIDSBEWUS.

“As jy ’n nuwe huis bou, moet jy ook ’n muurtjie om jou dak bou, sodat jy nie bloedskuld op jou huis bring nie, want iemand wat val, kan daarvan afval.” – DEUTERONOMIUM 22:8.

BEHEER JOU HUMEUR.

“Hy wat nie gou toornig [of kwaad] word nie, is oorvloedig in onderskeidingsvermoë, maar wie ongeduldig is, verhef dwaasheid.” – SPREUKE 14:29.

MOENIE TE VEEL EET NIE.

“Moenie onder . . . die vraatsugtige [eters wees] nie.” – SPREUKE 23:20.