Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

“Ek het genoeg gehad!”

“Ek het genoeg gehad!”

Die vervalle huis toon tekens van verwaarlosing. Dit het oor die jare heen baie storms getrotseer, nie altyd met welslae nie. Die huis is nou wankelrig en lyk asof dit binnekort gaan ineenstort.

HIERDIE toneel beskryf die toestand van baie huwelike van vandag. Het jy al gevoel dat jou eie huwelik dalk op dieselfde uiteinde afstuur? Indien wel, wees verseker dat geen egpaar immuun is teen probleme nie. Trouens, die Bybel is realisties wanneer dit erken dat diegene wat trou, waarskynlik “pyn en droefheid” sal ondervind.—1 Korintiërs 7:28, The New English Bible.

Een navorsingspan beklemtoon die waarheid van hierdie woorde deur die huwelik te beskryf as “die mees gewaagde onderneming wat gereeld deur die grootste aantal mense in ons samelewing aangepak word”. Hulle voeg by: “’n Verhouding wat aanvanklik vol vreugde en verwagtinge was, kan die frustrerendste en pynlikste onderneming in ’n mens se lewe word.”

Wat van jou huwelik? Word dit gekenmerk deur een van die volgende probleme?

  • Aanhoudende stryery

  • Bitter woorde

  • Ontrouheid

  • Gegriefdheid

Wat moet jy doen as jou huwelik wankelrig is en lyk asof dit binnekort gaan ineenstort? Is egskeiding die antwoord?