Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

Argeologiese ontdekking toon dat koning Dawid werklik bestaan het

Argeologiese ontdekking toon dat koning Dawid werklik bestaan het

 Volgens die Bybel het koning Dawid van Israel in die 11de eeu VHJ gelewe, en sy nakomelinge het honderde jare lank regeer. Maar party kritici het beweer dat Dawid nie werklik bestaan het nie of dat hy ’n legende is waaroor mense stories opgemaak het. Was koning Dawid ’n werklike persoon?

 In 1993 het die argeoloog Avraham Biran en sy span ’n klipfragment in Tel Dan in die noorde van Israel ontdek waarop daar geskryf is “Huis van Dawid”. Die inskripsie gebruik Semitiese skrif en dateer uit die negende eeu VHJ. Dit was blykbaar deel van ’n monument wat deur die Arameërs opgerig is, waarop hulle gespog het oor hulle oorwinnings oor Israel.

 ’n Artikel in Bible History Daily sê: “Die inskripsie ‘Huis van Dawid’ het sy skeptici ... Maar die meeste Bybelgeleerdes en argeoloë aanvaar dat die Tel Dan-stele die eerste vaste bewyse voorsien het dat koning Dawid van die Bybel bestaan het, wat dit een van die vernaamste Bybelse argeologiese ontdekkings maak wat genoem word in BAR [Biblical Archaeology Review].”