Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

HOU AAN WAAK!

Wat het van ordentlikheid geword? – Wat sê die Bybel?

Wat het van ordentlikheid geword? – Wat sê die Bybel?

 Al hoe minder mense tree ordentlik op. Onbeskofte pasiënte skel dokters uit; mense wat by restaurante eet, behandel die mense wat vir hulle kos bedien sonder respek; passasiers is buite beheer en val vliegpersoneel aan; kinders by die skool gedra hulle sleg deur hulle onderwysers te spot, te dreig en aan te val; en party politici doen skandelike dinge terwyl ander politici probeer wys hoe ordentlik hulle is.

 Die Bybel is ’n betroubare gids vir wat werklik ordentlike gedrag is. Dit verduidelik ook hoekom daar vandag ’n gebrek aan ordentlikheid is.

Wat het van ordentlikheid geword?

 Die afname in ordentlikheid – gedrag wat goed, sedelik en aanvaarbaar is – word regoor die wêreld gesien.

  •   Volgens ’n onlangse gerespekteerde opname wys dit dat Amerikaners glo dat mense in die Verenigde State nou laer sedelike standaarde het as op enige ander tyd in die afgelope 22 jaar.

  •   In ’n ander opname waaraan meer as 32 000 mense in 28 lande deelgeneem het, het 65 persent gesê dat die gebrek aan basiese menslike ordentlikheid vandag die ergste is wat hulle nog ooit gesien het.

 Die Bybel het die gedrag voorspel wat ons vandag sien.

  •   “In die laaste dae sal daar swaar tye kom. Die mense sal selfsugtig wees, geldgierig, grootpraterig en verwaand, beledigend teenoor hulle medemense en ongehoorsaam aan hulle ouers, ondankbaar . . . liefdeloos . . . en wreed.” – 2 Timoteus 3:1-3, Nuwe Afrikaanse Bybelvertaling (1983).

 Vir meer inligting oor hoe hierdie profesie vandag vervul word, lees die artikel “Het die Bybel voorspel hoe mense vandag sou dink en optree?

’n Betroubare gids vir ordentlike gedrag

 In ’n wêreld waar ordentlikheid besig is om af te neem, vind miljoene mense dat die Bybel ’n uitstekende gids is vir goeie gedrag. Die sedelike raad daarin is “altyd betroubaar, nou en vir ewig” (Psalm 111:8). Kyk na ’n paar voorbeelde:

  •   Wat die Bybel sê: “Alles wat julle . . . wil hê dat mense aan julle moet doen, moet julle ook aan hulle doen.” – Matteus 7:12.

     Betekenis: Ons moet ander vriendelik en respekvol behandel, net soos ons behandel wil word.

  •   Wat die Bybel sê: “Daarom moet elkeen van julle, noudat julle bedrog agtergelaat het, die waarheid met sy naaste praat.” – Efesiërs 4:25.

     Betekenis: Ons moet eerlik wees in alles wat ons sê en doen.

 Vir meer inligting oor hierdie onderwerp, lees asseblief: