Job 1:1-22

  • Job se integriteit en rykdom (1-5)

  • Satan bevraagteken rede waarom Job God dien (6-12)

  • Job verloor sy besittings en kinders (13-19)

  • Job blameer God nie (20-22)

1  Daar was ’n man met die naam Job*+ wat in die land Us gewoon het. Hy het ’n rein lewe gelei en was ’n man van integriteit.*+ Hy het God gevrees en het vermy wat sleg is.+  Hy het sewe seuns en drie dogters gehad.  Hy het 7 000 skape, 3 000 kamele, 1 000 beeste, 500 donkies* en baie slawe gehad. Hy was die belangrikste man in die Ooste.  Sy seuns het die gewoonte gehad om ’n feesmaal te hou, elkeen op sy vasgestelde dag* by sy eie huis. Hulle het dan hulle drie susters genooi om saam met hulle te eet en te drink.  Ná elke reeks feesdae het Job hulle laat roep sodat hy hulle kon heilig. Dan het hy vroeg die oggend opgestaan en brandoffers+ vir elkeen van hulle geoffer. Want Job het gesê: “Miskien het my kinders gesondig en God in hulle hart vervloek.” Dit is wat Job elke keer gedoen het.+  En die dag het aangebreek waarop die seuns van die ware God*+ ingekom het om hulle plek voor Jehovah+ in te neem, en Satan+ het ook tussen hulle ingekom.+  Toe het Jehovah vir Satan gevra: “Waar kom jy vandaan?” Satan het Jehovah geantwoord: “Ek het op die aarde rondgeswerf en dit deursoek.”+  En Jehovah het vir Satan gesê: “Het jy my kneg Job opgemerk?* Daar is niemand soos hy op die aarde nie. Hy lei ’n rein lewe en is ’n man van integriteit.*+ Hy vrees God en vermy wat sleg is.”  Toe het Satan Jehovah geantwoord: “Maar het Job nie goeie rede om God te vrees nie?+ 10  Het u nie ’n beskermende muur om hom, sy huis en alles wat hy het, geplaas nie?+ U seën alles wat hy doen,+ en sy vee het baie geword. 11  Maar raak net vir ’n verandering aan alles wat hy het, dan sal hy u beslis in u gesig vervloek.” 12  Toe het Jehovah vir Satan gesê: “Goed, jy kan doen wat jy wil met alles wat hy het. Maar aan die man self mag jy nie raak nie!” Toe het Satan van Jehovah af weggegaan.+ 13  Op die dag toe sy seuns en sy dogters in die huis van hulle oudste broer geëet en wyn gedrink het,+ 14  het ’n boodskapper na Job toe gekom en gesê: “Die beeste was besig om te ploeg en die donkies het langs hulle gewei 15  toe die Sabeërs ons aangeval het en die diere gevat het, en hulle het die knegte met die swaard doodgemaak. Ek is die enigste een wat weggekom het om u daarvan te vertel.” 16  Terwyl hy nog gepraat het, het ’n ander boodskapper gekom en gesê: “Vuur van God het* uit die hemel gekom en die skape en die knegte verteer! Ek is die enigste een wat weggekom het om u daarvan te vertel.” 17  Terwyl hy nog gepraat het, het ’n ander boodskapper gekom en gesê: “Drie bendes van die Galdeërs+ het op die kamele afgestorm en hulle gevat, en hulle het die knegte met die swaard doodgemaak. Ek is die enigste een wat weggekom het om u daarvan te vertel.” 18  Terwyl hy nog gepraat het, het nog ’n boodskapper gekom en gesê: “U seuns en u dogters het in die huis van hulle oudste broer geëet en wyn gedrink. 19  Skielik het ’n sterk wind van die wildernis af gekom en die huis getref. Die huis het op die jongmense geval, en hulle het gesterf. Ek is die enigste een wat weggekom het om u daarvan te vertel.” 20  Toe het Job sy klere geskeur en sy hare afgeskeer. Hy het op sy knieë geval en neergebuig 21  en gesê: “Met niks het ek in die wêreld gekomen met niks sal ek daaruit gaan.+ Jehovah het gegee,+ en Jehovah het weggeneem. Laat die naam van Jehovah altyd geloof word.” 22  Ten spyte van alles wat met Job gebeur het, het hy nie gesondig of God van iets verkeerds beskuldig nie.

Voetnote

Beteken moontlik “iemand wat met vyandigheid behandel word”.
Of “onkreukbaarheid”. Sien Woordelys.
Lett. “donkiemerries”.
Of “elkeen het ’n beurt gehad”.
’n Hebreeuse uitdrukking wat na die engele verwys.
Lett. “jou hart gerig op my kneg Job”.
Of “onkreukbaarheid”. Sien Woordelys.
Of moontlik “Weerlig het”.