Aan die Galasiërs 3:1-29

  • Werke van Wet teenoor geloof (1-14)

    • Regverdige sal deur geloof lewe (11)

  • Abrahamitiese belofte nie deur Wet nie (15-18)

    • Abraham se nageslag, Christus (16)

  • Oorsprong en doel van Wet (19-25)

  • Seuns van God deur geloof (26-29)

    • Abraham se nageslag, dié wat aan Christus behoort (29)

3  O onverstandige Galasiërs! Wie het julle onder hierdie slegte invloed gebring?+ Is Jesus Christus nie duidelik aan julle beskryf as iemand wat aan ’n paal gehang is nie?+  Ek wil julle hierdie een ding vra: Het julle die gees deur werke van die wet ontvang of deur geloof in wat julle gehoor het?+  Is julle so onverstandig? Julle is voorheen deur die heilige gees gelei,* maar word julle nou deur vleeslike denke gelei?*+  Het julle verniet so baie gely? Dit kon nie verniet gewees het nie.  Het die een wat aan julle die gees gee en kragtige werke onder julle doen,+ dit gedoen as gevolg van julle werke van die wet of omdat julle geloof het in wat julle gehoor het?  Dit was ook so met Abraham – hy het ‘geloof in Jehovah* gestel, en hy is as regverdig beskou’.+  Julle weet tog dat dit dié met geloof is wat kinders van Abraham is.+  En God het vroeër deur die Skrif gesê dat mense van die nasies deur geloof regverdig verklaar sal word, en daarom het hy vooraf die goeie nuus aan Abraham bekend gemaak en gesê: “Deur middel van jou sal al die nasies geseën word.”+  Dié wat geloof het, word dus geseën saam met Abraham, wat geloof gehad het.+ 10  Almal wat op werke van die Wet staatmaak, is onder ’n vloek, want daar is geskryf: “Vervloek is elkeen wat nie gehoorsaam bly aan al die dinge wat in die boekrol van die Wet geskryf is nie.”+ 11  En dit is duidelik dat niemand op grond van die wet deur God+ regverdig verklaar word nie, want “die regverdige sal deur geloof lewe”.+ 12  Die Wet is egter nie op geloof gebaseer nie. Maar “enigiemand wat hierdie dinge doen, sal daardeur lewe”.+ 13  Christus het ons gekoop+ en ons bevry+ van die vloek van die Wet deur in ons plek ’n vloek te word, want daar is geskryf: “Vervloek is elkeen wat aan ’n paal gehang is.”+ 14  Dit was sodat die seën wat aan Abraham belowe is, deur middel van Christus Jesus+ aan die nasies gegee sou word, sodat ons die beloofde gees+ deur ons geloof kon ontvang. 15  Broers, ek gebruik ’n voorbeeld uit die daaglikse lewe: Nadat ’n verbond bekragtig is, selfs al is dit net deur ’n mens, sal niemand dit ongeldig verklaar of enigiets daarby voeg nie. 16  Die beloftes is aan Abraham en aan sy nageslag* gemaak.+ Dit sê nie “aan jou nakomelinge”,* wat na baie verwys nie. Dit sê eerder “aan jou nageslag”,* wat na een verwys, en dit is Christus.+ 17  Verder sê ek dít: Die Wet, wat 430 jaar later gekom het,+ maak nie die verbond ongeldig wat voorheen deur God gemaak is nie, en dit maak nie die belofte tot niet nie. 18  Want as die erfenis op die wet gebaseer is, is dit nie meer op ’n belofte gebaseer nie, maar God het dit uit sy goedheid deur ’n belofte aan Abraham gegee.+ 19  Hoekom is die Wet dan gegee? Dit is bygevoeg om oortredings openbaar te maak,+ totdat die nageslag* sou kom+ aan wie die belofte gemaak is, en engele het dit deur ’n middelaar+ oorgedra.+ 20  Daar is egter nie ’n middelaar wanneer daar net een persoon betrokke is nie, maar God is net een. 21  Is die Wet dan teen die beloftes van God? Beslis nie! Want as ’n wet gegee was wat die lewe kon gee, sou ons beslis as regverdig beskou word as gevolg van gehoorsaamheid aan daardie wet. 22  Maar die Skrif het almal as gevangenes aan sonde oorgelewer, sodat die belofte wat gebaseer is op geloof in Jesus Christus, gegee kon word aan dié wat geloof beoefen. 23  Maar voordat die geloof gekom het, is ons onder die wet bewaak, aangesien ons saam as gevangenes oorgelewer is, en ons het gewag op die geloof wat geopenbaar sou word.+ 24  Die Wet het dus ons oppasser* geword wat na Christus gelei het,+ sodat ons deur geloof regverdig verklaar kon word.+ 25  Maar noudat die geloof gekom het,+ is ons nie meer onder die toesig van ’n oppasser* nie.+ 26  Julle is in werklikheid almal kinders van God+ deur julle geloof in Christus Jesus.+ 27  Want julle almal wat in Christus gedoop is, volg Christus na.*+ 28  Daar is nie Jood of Griek nie,+ daar is nie slaaf of vryman nie,+ daar is nie man of vrou nie,+ want julle is almal een in eenheid met Christus Jesus.+ 29  Wat meer is, as julle aan Christus behoort, is julle werklik Abraham se nageslag,*+ erfgename+ volgens ’n belofte.+

Voetnote

Lett. “Julle het voorheen in gees begin”.
Lett. “in die vlees voltooi”.
Lett. “saad”.
Lett. “sade”.
Lett. “saad”.
Lett. “saad”.
Of “tugmeester”.
Of “tugmeester”.
Lett. “het julle met Christus beklee”.
Lett. “saad”.